Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Tak:                 Klein-Brakrivier

Sirkel:              SWD

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum:          9 Julie 2025

Klein-Brakrivier en ander lede van die omliggende gemeenskap het in yskoue weer, warmte en vreugde help uitdeel deur geurige sop-skenkings aan die plaaslike Kindersorg (Child Welfare, South Africa, Groot Brakrivier).

Taklede Ansie Venter, Murna Lotriet, Helen le Roux, Cecilia Pieterse, Lynette Nel & Lydie Terblanche het almal voor die stoof ingeval. Lydie het die tak se bydraes gaan aflewer en bietjie met Chanelle Sterling van Kindersorg gesels. Annelie Baardman het gehelp om al die VLV-bydraes af te laai en gereed te kry vir oorhandiging.

Chanelle vertel dat daar twee maal per dag sop of soja-mengsels aan die gemeenskap uitgedeel word. Die aflewering / uitdeel word deur vriendelike Kindersorg vrywilligers hanteer.