Sirkel Worcester
Tak: VLV Ceres
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Louwna Hoving
Datum: 18 Julie 2023
VLV Ceres reik uit vir Mandeladag
Die tak bak pannekoek vir Hamlet Selfsorg, ‘n tuiste vir bejaarde SASSA-pensioenarisse. Daar is tans 36 inwoners. Hulle was baie opgewonde oor die lekker bederf op ‘n koue nat en reënerige wintersdag.

Louwna Hoving en die Hamlet Selfsorginwoners.

Rollers: Oerie Louw, Louwna Hoving en Elsa Riekert

Bakkers: Wilna van Wyk, Marietha van Schalkwyk, Hannelie van Schalkwyk
Die dames het ook donasies gemaak van sopprodukte en dit verpak in glasflesse vir die haweloses. Hierdie projek is in samewerking met die Togryersmuseum gedoen.

Wilna van Wyk, Elsa Riekert en Marjan Starke

Hannelie van Schalkwyk (Voorsitter) en twee dames van Togryersmuseum.