Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Beriggewer: Ora Laubscher
Datum: 19 Maart 2025
Bredasdorp bied Konferensie aan
91e VLV Sirkel Overberg konferensie wat op Woensdag 19 Maart 2025 deur die lede van die Bredasdorp tak aangebied is
Die aanleer en beoefening van allerlei skeppende handvaardighede was van meet af aan ‘n belangrike fasset van VLV lidmaatskap – so ook mededinging deur lede by die jaarlikse Landbouskoue oor die lengte en breedte van die land waar takke gestig is. Waar landbouskoue nie meer so algemeen is nie en nie noodwendig meer hiervoor voorsiening maak nie, hou takke hulle eie kompetisies eers op takvlak en daarna op Sirkelvlak. Die provinsiale konferensie waarheen die wen inskrywings van elke sirkel gaan, is gewoonlik die hoogtepunt van hierdie reeks kompetisies.
Sirkel Overberg:
Die beoordeling van die handewerk van lede op sirkelvlak (die beoordeling op tak vlak is vroeer reeds afgehandel) is die dag voor die konferensie en op die dag (rangskikkings en gebottel en gebak) afgehandel. Al die items wat eerste, tweede en derde plekke behaal het gaan uiteindelik later vanjaar meeding teen inskrywings van al die ander VLV sirkels in Kaapland wanneer VLV Kaapland hulle Jaarlikse kongres in Langebaan by Klub Mikonos gaan aanbied.
Tak Bredasdorp se prestasies:
8 inskrywings van Bredasdorp se VLV tak het gekwalifiseer om saam met Sirkel Overberg se ander wen inskrywings deur te gaan na die provinsiale geleentheid.
- In die afdeling gebottel en gebak is twee eerste plekke behaal.
Twee tweede plekke en een derde plek.
- In die afdeling vir breiwerk, hekelwerk, weef, skilder, fotografie en skeppende skryfwerk:
Twee eerste plekke – een vir skeppende skryfwerk. Die lid moes ‘n epigram skryf en die punte toegeken was uiteindelik die hoogste punt aan ‘n individuele deelnemer toegeken naamlik 98! Die tweede eerste plek was in die afdeling waar ‘n kwilt vir ‘n kleuter gemaak moes word. Vir hierdie inskrywing was die puntetotaal toegeken 85!
- In die afdeling skilderkuns is ‘n derde plek behaal.

Foto van aansteek van die heel eerste vriendskapskers. In die loop van die dag is die ander kerse ook aangesteek.