Tak: Blanco
Sirkel: SWD
Datum: 9 Mei 2025
Portefeulje: Landbou – “Die wonderwêreld van die Heuningbye”
Beriggewer: Marietjie Schaaf
Saamroeper: Johanna Lamprecht
Media koördineerder: L Terblanche
Blanco het ‘n interessante besoek aan Bee Things in George gebring.
Sterna Snyman van Bee Things het op Wêreld Byedag met ons gesels oor die uiters belangrike werk wat bye in die voedselketting verrig. Dié bestuiwers het ook ‘n belangrike werk in die ekosisteem.
Mense word meer bewus gemaak van die bedreigings rondom bye. Produsente in die Saad- en vrugtebedryf kan frustrasies ervaar wanneer die bye om een of ander rede swak of glad nie funksioneer nie.
Regte rou heuning en natuurlike produkte is beskikbaar in Bee Things.


