Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 22 Mei 2025
Salomé du Toit is ‘n ywerige crafter, veral met die maak van kwilts. Sy is in 2014 saam met vriendinne Pennsilvanië toe om lap te gaan koop by die Amiese Doopgesindes, ‘n Protestantse Christelike geloofsgemeenskap in Noord-Amerika.
Hulle volg ‘n eenvoudige lewenstyl, dra tradisionele klere, en vermy waar moontlik moderne uitvindsels soos telefone en motors. Afkomstig in die 19de eeu uit Zurich, Duitsland, praat hulle ou Duitse dialekte.
Jong meisies dra wit kappies; ouer vroue swartes.’n Bruid maak self haar blou trourok. Hulle gebruik nie knope aan klere nie, wel kopspelde.
Baie Amiese mense het lapwinkels. Hulle maak kwilts in kwitgroepe in hoofsaaklik gedempte, somber kleure, maar gebruik tog helderder lap vir kwilts wat verkoop word aan mense van buite.

v.l.n.r. Tersia Pretorius, Salomé du Toit (spreker), Amanda Kapp, Martell Swart (saamr.) by ‘n log cabin kwilt, ‘n gewilde patroon van die Amiese vroue.