Aberdeen begin 2019 gesond

 

Aberdeen begin 2019 gesond

Posted by VLV in Aberdeen Tak, News 24 Jan 2019

Sirkel: Middelland

Tak : Aberdeen

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 23 Januarie 2019

 

 

Aberdeen VLV begin 2019 op ‘n positiewe noot met die Januarie vergadering wat op Gesondheid fokus.

 

Lea van der Vyver verwelkom almal en Adele de Jager (Sameroeper Gesondheid) open die vergadering met gedagtes oor liefde uit die Woord.  Ons moet God se liefde uitdra na almal om ons.  Christelle Nel word tydens die vergadering as nuwe lid verwelkom.

 

Na die afhandeling van ‘n paar VLV sake verwelkom de Jager haar eerste spreker – Santie Snyman, Dieëtkundige van Midlands Hospitaal in Graaff-Reinet.  Snyman vertel dat ‘n Dieëtkundige nie, soos die algemene publiek dink, net mense sien wat gewig wil verloor nie.  Haar kliënte sluit pasiënte met siektes soos diabetes, TB en prikkelbare dermsindroom in, asook die wat gewig moet optel en wat hoë cholesterol en bloeddruk het.  Snyman vertel meer oor gesonde eetgewoontes en die feit dat Dieëtkundiges nie aanbeveel dat sekere voedselgroepe uitgesluit moet word nie.  Die sleutel tot gesond eet lê in matige porsiegroottes in die regte verhouding vanuit die verskillende voedselgroepe.  Dit is ook belangrik om die inname van bygevoegde suiker, sout en ongesonde vette te beperk.

 

De Jager se volgende spreker is Corli Schoeman van Alchemy Skin & Body Salon in Graaff-Reinet.  Die salon is in November 2018 geopen met mede-eienaar Antoinette Ehlers en die twee het 15 jaar ondervinding in die bedryf.  Die naam “Alchemy” beteken “unieke kombinasie” en hulle glo in ‘n unieke verhouding tussen kliënt en terapeut, sowel as kliënt en produk om ‘n gesonde balans te kry wat kliënte tevrede sal stel.  Die doelwit is om stadsgeheime in skoonheid op ‘n bekostigbare manier in die platteland aan te bied.  Die salon fokus ook op gesondheid van kliënte en help diegene wat siek was of emosionele stres beleef om weer vernuwe te voel en die las ligter te maak.  Behalwe standaard salon- en gesigsbehandelings werk hulle ook saam met Fisioterapeut, Adri Mentz en Estetiese Dr, Lehandi Maree vir ‘n omvattende diens.  Reekse wat die salon aanhou sluit in Dermafix, Esse, Mesoesthetics en Nimue.  Schoeman doen ook 5 gelukkige trekkings tydens haar praatjie, wat salon produkte en -behandelinge insluit.

 

Die vergadering sluit af met ‘n gesonde, ligte Thaise middagete wat deur Estelle van Wyk en Judith Dardis voorgesit word.

 

 

Sprekers van die dag: Vlnr    Adele de Jager (Sameroeper Gesondheid), Santie Snyman (Dieëtkundige Midlands Hospitaal), Corli Schoeman (Alchemy Skin & Body Salon), Lea van der Vyver (Voorsitter)

 

Lede luister: Vlnr    Judith Dardis, Estelle van Wyk, Theresa van der Merwe, Gloria Peniston, Karen van Rensburg, Suzanne Lategan

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kosvoorbereidings – Judith Dardis en Estelle van Wyk hard aan die werk

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lichi Voorgereg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Thaise Middagete

 

 

Post a comment