Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Ledevergadering, gereël deur bestuur
Datum: 18 Maart 2025
Beriggewer: Una Engelbrecht
Kulinêre bederf & ouwêreldse elegansie saamgesnoer
Vir Paarl Aandtak se eerste Ledevergadering, gereël deur die bestuur, het lede aangesit in die ouwêreldse atmosfeer van Mynhardt’s Cathedral Cellar Kitchen in die Katedraalsaal van die KWV in die Paarl. Omring deur gegraveerde houtvate wat die storie van die SA-wynindustrie uitbeeld, in die amper heilige atmosfeer onder die dramatiese koepeldak, is gesmul aan geregte met die aandag aan detail en smaak waarvoor Mynhardt bekend is en keurwyne van KWV geniet.
VLV-lede sit aan. Sjef Mynhardt & gids agter.
Die gids by ‘n reusevat in die kelder.
VLV-lede aan tafel.
Proteas uit die Boland.
‘n Elegante bord kos.
Vise-voorsitter, Hetta van der Merwe & sjef Mynhardt
‘n Keurig-gedekte tafel.
Gegraveerde stukvate vertel ‘n storie.