Sirkel: Paarl

 

Tak: Slot van die Paarl

 

Portefeulje: Sirkelkonferensie

 

Beriggewer: Annalise Loubser

 

Datum: 13 Maart 2025

Kleurvolle Konferensie

 

Taklede by die Konferensie – agter vlnr Aletta Keyser, Marietjie Lombard, Maretha Carpenter, Annétjie Jacobs. Voor vlnr Marileine Burger, Sannelize Schreuder, Annalise Loubser, Elsa Carstens en Elmarie van der Merwe

 

Die hoofspreker, Amanda Swanepoel, het ons lewe ingekleur met helder kleure. Sy’s byvoorbeeld baie lief vir groen (groei) en pers (God se Koninkryk). Alles in jou lewe kan jy met ‘n kleur verbind.

 

Het jy ‘n goedvoelkleur?

 

In watter kleur sal jy die lewe wou sien?

 

Wanneer sy in die nag wakker lê en haar gedagtes dwaal om en om oor bekommernisse, dan probeer sy die kleur van bekommernis (donker, miskien grys) verander na ‘n helder kleur. Sodoende raak sy aan die slaap met ‘n goedvoelkleur in haar onderbewussyn.

 

Tyd vir jouself is belangrik dat jy kan sit en dink oor watter kleur is jou geliefkoosde en natuurlik hoekom? Op haar sagte manier het sy ons diep laat dink.

 

Frouwien du Toit se weninskrywing vir ‘n Voorportaalruiker

 

Elke tafel was getooi in ‘n helder kleur

 

Marileine Burger se Knopekuns

 

Die tak se drie afgevaardigdes nl Marietjie Lombard, Marileine Burger en Annétjie Jacobs

 

Marietjie Lombard verower die Masjienwerkbeker en die beker vir die Mees Uitstaande Naaldwerkartikel by die Konferensie met haar pragtige reissak.