SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
TEMA: KONFERENSIE
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
DATUM: 6 MAART 2025
VRYBURG MAAK SKOONSKIP BY KONFERENSIE
Tydens die konferensie word Vryburg as Stertak aangewys en verower trofeë vir meeste punte, meeste inskrywings, takreaksie en ledewerwing.
Marietjie Steyn word aangewys as sterlid en behaal 1ste plek vir skilderkuns en fotografie.
Eurika Byleveld ontvang trofeë vir finansiële verslag, gebak en gebottel.
Margo du Plessis ontvang trofee vir kwiltwerk.
Ronell Kemp 1ste plek kwiltwerk beginners.
Nellie Viljoen ontvang trofee vir reklame.
Carien van Niekerk verower trofeë vir meeste inskrywings, meeste punte, weef beginners.
Sprekers Dr Danie Langner en Heléne Steyl
Dr Danie Langner van die FAK was die hoofspreker tydens die onlangse VLV konferensie gehou by Klondike Lodge. Afrikanervroue is die ruggraat van ons volk. Blaai terug in die geskiedenis om krag en inspirasie te kry vir die toekoms. Vroue bly standvastig te midde van lyding en in krisistye hou hulle vas aan God.
Martha Trichardt, vrou van trekleier Louis Trichardt, het help jag, plant en haar gesin versorg maar is op 1Mei 1838 in Delagoabaai (vandag Maputo) oorlede aan malaria.
Aganitha Maritz het op trekpad elke aand tafel gedek met Delft porselein en ‘n damasktafeldoek. Na die moorde by Bloukrans word sy en haar man Gerrit, weesheer vir al die weeskinders Kos en klere word uit die Kaap gestuur vir die oorlewendes.
Lenie Retief, verloor haar man en seun maar bly hoop op die toekoms en vra dat haar broer kissie met bome uit die Kaap moet stuur dat sy dit in nuwe land kan plant.
Nellie Viljoen oorhandig ‘n gedenkkoevert van die Voortrekker Eeufees in 1938 wat aan haar ma behoort het aan Dr Langner om in die museum by die monument bewaar te word.
Heléne Steyl het reeds meer as 70 lande besoek en neem lede op ‘n reis van kleur, kos en kultuur. ‘n Besoek aan Antarktika om pikkewyne van nader te leer ken, sluit Schackleton se verversingstasies in. Hy en sy bemanning was vasgekeer in die ys maar 18 bemannings-lede is tog gered.
Argentinië bied kleurvolle natuurlewe en botaniese tuine en graffitti in Buenos Aires.
Huise en klere in Indië is baie kleurvol en geure van straatkos is absoluut uniek. Geraas is oorverdowend.
In Tokio is die kos baie duur en jy kan enige vorm van afval op restaurante se spyskaart vind.
Die Baikalmeer, die diepste in die wêreld, naby Irkutsk in Siberië, was bitter koud en beeldhouwerke in koper en ys is oral te sien.
Panama is weer baie warm met kleurvolle woude. Troues word gereeld op die strand gehou. Sy besef egter oos wes, tuis is bes. Mens het ander mense om jou nodig.
Annelize Marx oorhandig trofee vir Stertak aan Carien van Niekerk, voorsitter van Vryburg VLV
Marietjie Steyn ontvang haar trofee van Annelize Marx
Eurika Byleveld
Ronell Kemp ontvang haar trofee van Corlie van Zyl
Corlie van Zyl oorhandig trofee aan Nellie Viljoen
Carien van Niekerk ontvang haar trofee van Corlie van Zyl