SIRKEL: Noord-Karoo
TAK: Murraysburg
PORTEFEULJE: Leefstyl
SAAMROEPER: Adrie Conradie
BERIGGEWER: Theresa Troskie
DATUM: 5 Maart 2025
Beet – eet jouself gesond
Adrie Conradie, Saamroeper van Leefstyl op Murraysburg, het ons in die tuin van hul dorpshuis ontvang en het ’n baie interessante vergadering daar aangebied! Tema: Beet – eet jouself gesond.
Eerstens is die verjaardagdames met ’n resep gelukgewens:
Resep vir ’n gelukkige Huis
Bestanddele:
4 koppies LIEFDE
2 koppies LOJALITEIT
3 koppies VERGIFNIS
1 koppie VRIENDSKAP
5 eetlepels HOOP
2 eetlepels TEERHEID
4 liter GELOOF
1 vaatjie vol LAGGIES
Neem die LIEFDE en LOJALITEIT en meng met GELOOF.
Voeg by TEERHEID en VERGIFNIS.
Meng met VRIENDSKAP en HOOP.
Srooi LAGGIES ruim oor.
Bak met SONSKYN.
Dien daagliks op in groot porsies!
 
Hierna vertel Adrie twee toepaslike grappies wat die dames laat skaterlag! 
Sy lewer ’n baie interessante praatjie oor die waarde en voordele van beet in die dieet:
- Verbeter breinfunksie
- Verhoed kanker
- Beheert bloeddrtuk
- Beheer cholesterol
- Ondersteun been gesondheid
- Behandel bloedarmoede
- Help met detoks
- Voorkom geboortedefekte
- Verminder velprobleme
- Diabetes
Elke lid ontvang ’n resepteboekie vir: Beetrooisap, Rou beet vir gewigsverlies, Gekookte beet vir gewigsverlies, Spinasie oondskottel met beet en Vyeblaardrankie met Vodka of Jenewer
Adrie en Margaret Martin het al hierdie sappe en geregte in die resepteboekie vir ons voorberei en almal kon lustig daaraan weglê.