Sirkel: Sirkel Overberg

Tak: Gansbaai

Portefeulje: Openbare Sake

SameroeperLouisa de Wet

Beriggewer: Marianna Mostert

Datum: 4 Maart 2025

BLOUSEL BLOU SOOS GANSBAAI SE SEE LOK TOERISTE

 

Blousel blou net soos Gansbaai se see op ‘n mooiweersdag was ons vergadering se kleur, Dinsdag, 4 Maart 2025. Al die dames het heerlik saamgespeel en ietsie blou of bloubont aangetrek en die tafels was ook versier om die kleur te eksentreer.

Interessante dinge het sommer al begin met die bekenstelling van Openbare Sake se vergadering. “WAT IS DIE WOORD?” Leidrade is uitgestuur op ons WhatsApp Groepe en Facebookblad oor ‘n paar dae waar lede moes kyk, leidrade ontsyfer en toe die vraag gevra word almal raai wat is die woord wat die onderwerp van die middag verteenwoordig. DIE WOORD WAS,  TOERISME. Baie geluk aan ons regraaiers Marinda van der Walt en Mariana van Rensburg.
TOERISME in Gansbaai. Die Spreker was ‘n bekende in Gansbaai. ‘n Persoon wat ‘n groot liefde het vir Gansbaai en haar mense, maar ook werksaam as ‘n bemarker by Marine Dynamics: JANINE TAYLOR.
Janine deel met ons verskeie prestasies van haar maatskappy, asook hoe en wanneer die maatskappy gestig is. Hulle bote is van uitstaande gehalte met al die nodige veiligheidsmaatreëls en geriewe.  Hulle is die enigste maatskappy wat ‘n permit het vir besigtiging van “Marine Big 5: whales, sharks, dolphins, seals and endangered African penguins” omdat al 5 hier in Gansbaai voorkom. Sy sê: “We employ marine biologists as guides and conduct invaluable research and conservation efforts to support the long term survival of the ecosystem we rely on.” Gaan lees gerus meer oor hulle aktiwiteite op hulle webblad: Https://www.marinedynamics.co.za

Wat egter belangriker is, is dat hierdie hoog gespesialiseerde maatskappy toeriste na Gansbaai bring. Duisende oorsese toeriste wat hulle geld kom spandeer in Gansbaai, hetsy op verblyf, aandenkings, in restaurante, op ander toere soos bv. Wynproe, Staproetes, Perdry, fFetsry, Blommekyk en nog vele meer. Hulle lok ook ons eie land se mense na die streek om hulle geld hier te kom spandeer en daarom raak die Overberg en spesifiek Gansbaai en omliggende stranddorpies ‘n baie gewilde vakansie bestemming vir menigte Suid Afrikaners.
Toerisme in ons streek is ‘n voedingsaar vir Gansbaai se ekonomie en skep werk in ons omgewing.
Hierdie baie suksesvolle maatskappy se werknemers woon dan ook wéreldwye seminare by waar hulle Gansbaai as ‘n toeriste aantreklikheid en bestemming bemark.
Wat ‘n heerlike leersame middag. Dankie Openbare Sake.

Huishoudelike Sake:  Marinda van der Walt wen hierdie maand die Hannes Lüdick Trofee vir haar diens aan VLV Gansbaai. Marinda bedryf ‘n WhatsApp koerant, Gansbaai Courant en die bloodstelling wat sy vir VLV Gansbaai daar gee is goud werd. Sy stuit nie om VLV Gansbaai te bemark as ‘n top Vroue Organisasie in ons dorp en elders nie. Dankie Marinda

 


Links: Marinda van der Walt ontvang Hannes Lüdick Trofee vanaf Marianna Mostert

Van Links na Regs:  Mariana van Rensburg, Louisa de Wet (Sameroeper Openbare Sake), Janine Taylor (Spreker)


Van Links na Regs:  Corrie Botha, Marianna Mostert en Janine Taylor. Corrie en Marianna het elkeen ‘n bootrit saam met Marine Dynamics gewen met ‘n gelukkige trekking.

 

Ons dames in Blousel blou geklee kuier lekker saam Van links na Regs: Betsie Bester, Esme van Dewenter, Sandra Badenhorst, Corrie Botha en Mary Badenhorst

 

Nog ‘n groepie dames wat lekker saam kuier. Van links na Regs: Nelia Deloprt, Mariette Combrinck, Annie Boontjes en Belinda Albrecht

 

Van Links na Regs:  Desire Pitzer, Mariette Combrinck en Shirley Fick

 

Van Links na Regs:  Mariana Vlok, Leonie Botha en Lizette Botha kuier ook heerlike saam

 


Afgeneem saam met ons Spreker  van Links na Regs: Karin Steyls, Janine Taylor (Spreker), Heleen Lunt, Ronel de Villiers en Dienkie Byleveld