Sirkel: Paarl

 

Tak: Slot van die Paarl

 

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

 

Saamroeper: Johline Genis

 

Beriggewer: Annalise Loubser

 

Datum: 4 Maart 2025

 

 

Deel jou lewenservaring met ander

 

 

Groen is die kleur van die dag! Jackie Genis, Maretha Groenewald, Johline Genis, Minda Pretorius en Thea Basson

 

Ons onderwerp vir die dag was Die realiteit van kinders se swaarkry en die uitdaging vir ons elkeen. Minda Pretorius, maatskaplike werker by ‘n plaaslike hoërskool, het ons soms verstom gehad met senarios wat sy vir ons geskets het oor die probleem, maar kom ons sê liewer uitdaging, van vandag se kinders.

 

Kinders kry vandag regtig moeilik en gelukkig verskaf skole nou die geleentheid vir leerders om dit met iemand te bespreek. Dit word totaal geheim gehou.

 

Die groot lewensles wat elkeen van ons kan leer, is dat daar dinge in jou lewe is waarvoor jy verantwoordelikheid moet neem bv die woorde wat by jou mond uitkom, hoe ek op ander reageer, hoe ek my tyd spandeer en die moeite wat ek in iets sit. Dan is daar dinge waarvoor ek nie verantwoordelikheid hoef te neem nie bv wat ander mense sê en doen, ander se opinie van my, of jy gekies word vir ‘n span (jy kan maar net jou bes doen) en jou ouers se huwelik.

 

As ek as ouer sien dat my kinders het probleme in hul huwelik, is dit ook nie my verantwoordelikheid om dit op te los nie.

 

Die boodskap wat sy gereeld oordra aan die leerders is dat jy’s goed genoeg, jy’s mooi genoeg, jy’s slim genoeg! Jy hoef nie die mooiste, die slimste, die beste te wees nie; doen net jou beste.

 

Wat dryf ‘n kind om met haar te kom praat?

*Huislike omstandighede

*Finansiële probleme

*Onbeskikbare ouers

*Hoe maak ‘n mens die regte maats?

*Jy is te prestasiegedrewe

 

Die uitdaging vir elkeen van ons is om betrokke te raak. Baie afgetredes het soveel ervaring van die lewe. Kies om iets te gee om terug te ploeg om ons mooi land ‘n beter plek te maak!

 

Voorsitter Aletta Keyser oorhandig aan Elsa Carstens ‘n 30jaar kenteken

Keurige groen teetafel

Die tak het ‘n tweeling ryker geword

Kompetisietafel

Groen loofrangskikking kleur die saal nog meer groen

Boekuitstalling van Afrikana