Tak: Klein-Brakrivier

Sirkel: SWD

Datum: 27 Februarie 2025

Beriggewer: Lydie Terblanche

BEJAARDES MAAK BESLIS VIR KLEIN-BRAKRIVIER SAAK

As deel van ons VLVK-projek Bejaardes maak Saak, het Klein-Brakrivier ‘n spesiale Valentyn-bederf-tee vir die Groenkloof aftreeoord se bejaardes gereël.

Almal het dit terdeë geniet – Retha Nagel se interessante aanbieding, heerlike onthou-musiek, Dawn Greyling se lip-lek-lekker souttert en Lucia du Plessis se te-mooi-om-te-eet, maar dan eet-jou-in-‘n-suiker-floute-lekker cupcakes, om met ‘n paar van die hoogtepunte te volstaan.

Klein-Brakrivier is reeds geruime tyd al doenig met hierdie projek. Soos voorheen berig is daar reeds in Desember 2024 met kuier-uitstappies weggespring. Daar is ‘n baie gesellige oggend by Droombos restaurant met ‘n groot groep bejaardes van Groenkloof. Die ouer garde wat hulp nodig gehad het, is vanaf die parkeerarea begelei en almal kon rustig onder die bome en in die restaurant iets te eet en te drink geniet.

Dan was daar ‘n besoek by die Groenkloof ouetehuis is om die bejaardes met hulle aktiwiteite-oggend by te staan (Groenkloof is in die Groot-Brakrivier omgewing en die meeste bejaardes in hier gesentreer).

Die Birds of Prey Centre by die Garden Route Botaniese Tuine is ook met ‘n baie groot groep ouer mense, besoek.

Die tak het onlangs ingesamelde handsakke en brille aan Benevolent Park aftreeoord in Mosselbaai oorhandig.