Tak: Blanco

Sirkel: SWD

Webwerf beriggewer, Lydie Terblanche

Berigskrywer, Lynette Nel

Datum: 20 Februarie 2024

 

Blanco se krukkelys

Gesondheid-vergadering: Ortopediese hulpmiddels

Lynette Nel (SWD-gesondheid saamroeper), het by Blanco gaan kuier, sy is aan die woord:

Ek is genooi na die vergadering en was aangenaam verras! Die tak bestaan uit 13 aktiewe lede, wat soos ‘n goed geoliede rat saam werk. Elke lid weet duidelik wat van haar verwag word en doen dit met ‘n glimlag, ywerig en doelgerig.

Die vergadering word in ‘n kerksaal gehou en die tafels is keurig opgetooi in sagte pienk. Die gevoel van vrouwees, sag en vol liefde.

Op die tafel lê die Agenda vir die dag, die jaarboekie, met die inligting van maandelikse vergaderings, vir die kompetisies is daar resepte en inligting! Al die ampsdraers se inligting en sameroepers vir elke vergadering.

Op die kompetisie tafel is baie inskrywings, gebottelde vrugte, gebreide hangers, gebak en gesonde beskuit. Die beoordelaar is Sanet Ras, sy gaan alles na, volgens smaak en voorkoms, met ‘n kennis van vele jare.

Marietjie Schaaf open die vergadering en Sanet Ras lees voor uit die Bybel waarna sy ‘n gebed doen.

Marietjie gee die vergadering oor aan Hannetjie Langenhoven wat die gesondheid saamroeper is.

Die spreker van die geleentheid het ‘n boodskap gestuur dat sy ‘n paar minute laat gaan wees en dus gaan Marietjie aan met die agenda. Die spreker Jenna Thomas wat werk vir Franette Botha, wat spesialiseer in ortopediese hulpmiddels, het vir die vergadering ‘n demonstrasie gegee oor die gebruik van die artikels waarin hulle spesialiseer.

Na die demonstrasie is die vergadering verdaag en ons het heerlike tee en verversings geniet.

 

Pragtig gedekte tafels

Resep van een van die kompetisie artikels

Die verversings na die vergadering

Sanet Ras doen die beoordeling van die kompetisie artikels

Kompetisie gebak

Op die krukkelys is die volgende: Hannetjie Langenhoven (Gesondheid-sameroeper), Marietjie Schaaf (Voorsitter), Jenna Thomas (spesialiseer in mediese hulpmiddels en gasspreker) en Petronette Scheepers.