SIRKEL: WESKUS

TAK: AURORA

PORTEFEULJE: OPVOEDING EN KULTUUR

BERIGGEWER: Marinda van Wyk

DATUM VAN GELEENTHEID: 19 Februarie 2025

 

AURORA-tak Tooi hulle Rooi en Lewe so in Volkleur

 

Met ons Februarie vergadering het ons Opvoeding en Kultuur-groep gesels oor kleur en het ons almal rooi aangetrek om saam te val met die maand van liefde.

Ons is meer vertel van die invloed van kleur en is ons riglyne gegee hoe om in volkleur te leef.

Ons moes ’n klein oefening doen waar ons kon sien hoedat kleur ons sintuie prikkel en ons emosies en stemming beïnvloed en hoedat ons keuse van kleure vir kleredrag verskil van ons kleure vir dekor en vir mure.

Ons het deelgeneem aan die gesprek rondom watter kleure watter emosies verteenwoordig: Swart word gesien as boos of hartseer, wit as klinies en rein.

Ons is vermaak Lynette Beer – skrywer van die boek “Lewe in Volkleur” – se pittige verduideliking hoedat daar vier temperament kleure is, ons almal ’n kombinasie van die vier kleure is, met een of twee hoofkleure. Dit was prettig om jouself te kon identifiseer as ’n groen, blou, geel of rooi persoon.

Ons het geleer dat hoe om in volkleur te lewe jy oop moet wees vir nuwe ervarings, jou talente en passies uit te leef, elke dag te waardeer, aanhou leer en groei, om iets te doen wat verder as jou eie ek strek, en laastens, om die lewe met al sy fasette te waardeer.

Aurora VLV lede getooi in rooi

Ons mannekyn in rooi getooi

Ons hartjierooi tafelversierings

Ons koppies van liefde

Beatrix Kotze poseer vir ons in haar mooi rooi rok

Rae ons Onder-voorsitter gesels om ’n koppie tee