Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Saamroeper: Karin Marais

Beriggewer: Shirley Brand

Datum: 18 Februarie 2025

PLANTE – BINNE EN BUITE

Ons Landbou oggend was propvol aktiwiteite! Stodels Bellville is genooi om interessante inligting met ons te deel oor binnenshuis plante sowel as plante wat peste en plae kan beheer. Ons sprekers was Jacqueline Diederichs en Bertram Hendricks.

 

Verskeie kruie is baie voordelig vir ons gesondheid. Bv spinasie (vir yster) met feta kaas is ‘n goeie bykos vir enige hoenderdis. Gebruik landskapontwerpersgrond vir kruie eerder as gewone potwerkgrond. Vir kleur (met ons tema hierdie jaar Kleur jou Lewe) plant gousblomme tussenin ons peste af te weer.

 

Die bekende Peace Lily en Antherium is goeie plante wat help vir angs en stres. Die Bamboes Palm en Skoonma-se-Tong (ook bekend as Snake Plant) is goed vir bors, sinus en asma omdat hulle lug suiwerings plante is. Self dokters het al aanbeveel om Skoonma-se-Tong binnenshuis aan te hou.

 

Indien bogenoemde plante nie blom nie, voer plante met ½ teelepel Borrie opgelos in 500ml water elke tweede week. Wanneer die plante blom, verminder na maandeliks.

 

Die Phalenopsis (kleiner) en Cymbidium (groter) orgideë hou van helder lig (nie direkte sonlig nie) en hoë humiditeit. Wanneer die wortels grys vertoon het die plant water nodig. Indien wortels groen vertoon, is sy versadig. Daarom is dit die beste wanneer orgideë in deurskynende houers geplant word. Laat staan die houer in water totdat geen water blasies verskyn nie. Moet geensins ysblokkies op die plant plaas nie. Indien die wortels bo die grond uitstyg is dit tyd om die plant in ‘n groter (een nommer groter) houer te plant met orgideë bas. Gewoonlik gedurende September.

 

Die praatjie is afgesluit met ‘n vasvra oor Stodels (al die voordele van die klubkaart) en die inligting oor plante – verskeie dames het plantjies gewen!

 

Wenda Preuss (Voorsitter), Jacqueline Diederichs (Stodels), Karin Marais (Sameroeper) en Bertram Hendricks (Stodels)