SIRKEL: SUID-OOSKUS

TAK: HUMANSDORP

DATUM: 18 FEBRUARIE 2025

PORTEFEULJE: KUNSTE EN HANDVLYT

SAAMROEPER: CHARLENE MARAIS

BERIGGEWER: ORA SCHROEDER

 

Papier rose vir Valentynsdag

 

Charlene Marais het die tafels smaakvol opgetooi as Valentynsdag en kleurtema. Die talentvolle en kunstige Nanette Stanley het vir ons gedemonstreer hoe om papierblomme te maak. Enige hol voorwerp soos ‘n poedingbakkie of toiletol kan gebruik word. Enige dun papier soos sneesdoekies, gekleurde papier en A4 papier kan gebruik word. 24 sirkels word getrek met die bakkie wat jy gaan gebruik. Die sirkels word uitgeknip en dubbel gevou. Die gevoude sirkels word dan een vir een om die rand van die bakkie gevou. ‘n Klein bietjie gom word op die rand van die bakkie op die effens oorvleuelde sirkels geplaas. Die eindproduk is in die vorm van ‘n roos.