Sirkel: SWD
Tak: Oudtshoorn
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Saamroeper: Isabella Jansen vN
Beriggewer: Isabella Jansen vN
Datum van vergadering: 18 Februarie 2025
Oudtshoorn-tak kleur Afrikaans met blou in
Nelia het in haar opening van entoesiasme gepraat. Entoesiasme wat dieselfde vir mense doen as wat die wind vir ‘n seilboot doen – dit dryf vorentoe as dit reg gebruik word. Hoe groter jou entoesiasme, het sy gesê, hoe makliker en lekkerder is dit om elke uitdaging te voltooi.
Die lede het entoesiasties aan die maand se verrykingsaktiwiteite deelgeneem, en dit was ‘n riem onder die hart om die vaardighede van ons lede te sien. Die Leefstyl-item vir die verrykingsaktiwiteit was hekelwerk vir die VLV-kentekens, hieraan het Trienie, Nelia, Mariëtte, Jolene, Annette, Alet en Isabella deelgeneem. In Landbou en Tuinbou moes die lede iets met blare doen. Die deelnemende lede het met hul kreatiwiteit gewoeker. Trienie het ‘n krans om ‘n kers (sy noem dit ‘n opsitkers) gemaak. Petro het ‘n borsspeld van blare en blomme gemaak, Alet het blomme in ‘n blare- en boombasbak rangskik en ook ‘n skildery met blare getooi, Isabella het op die blare borduur, ‘n hekelrand om gehekel en drupmatjies daarvan met hars gemaak. In die portefeulje Kuns en Kultuur is die lede versoek om iets vrolik op die bladsye van ‘n ou boek te verf. Petro en Rolina het kaartjies daarvan gemaak, Mariëtte, Margaret, Trienie en Lizé het die mooiste blomme op die bladsye geskilder terwyl Isabella ‘n boekmerk gemaak het.
Verrykingsaktiwiteite
Die vergadering het egter om Afrikaans gedraai.
Ons tema
Valeria het vir ons ‘n mooi gedig in Afrikaans voorgelees, en daarna het sy aan ons ‘n lys met 10 idiome gegee wat ons moes voltooi, met die leidraad “diere”. Ons het die bul by die horings gepak met hierdie pret-aktwiteit.
Valeria Terblanche
Die lede onthou idiome
Daarna was Isabella aan die woord met Afrikaans se komvandaan. Sy het diep uit die argiewe gegrawe, sommer van 1590 af en met behulp van bindtekste die Afrikaansreis aan ons vertel.
Isabella Jansen vN
Ons tema by hierdie vergadering was blou, en ons het die lede gevra om iets blous aan te trek.
Blou is ook een van Alet Badenhorst se gunstelingkleure. Blou is vir Alet ‘n baie sterk primêre kleur , maar tog sag en dit skep rustigheid. Daarom glo sy dis hoekom die hemel blou is so ook die see. Dis heeldag om ons en deel van ons daaglikse bestaan. Daarom hou sy van blou. In 2025 beplan Alet om meer te konsentreer op al die mooi ongelooflike kleure in die natuur wat ons Skepper vir ons elke dag gee. Dit raak te sien, te waardeer en rustig te geniet. Alet het ook die volgende persoonlike doelwitte vir 2025 in die VLV. Sy beskou dit as ‘n absolute voorreg om aan nuwe, onbekende aktiwiteite en projekte deel te neem om haarself sodoende te verryk en terselfdertyd vriendskappe te smee en die samekomste te geniet.
Alet Badenhorst
Leave A Comment