SIRKEL SWD
Beriggewer, Lydie Terblanche
13 Februarie 2025
SWD hou inligtingsdag
SWD het so ‘n kortkop voor Valentynsdag hulle Inligtingsdag in Hartenbos aangebied.
Hartenbos het die oggend met grasie aangebied en die alles het seepglad verloop.
Hartenbos voorsitter, Rolien Smit en die tak sekretaris Wilma van Staden het die amptelike verrigtinge afgehandel, voordat die aanbieders aan die woord gekom het.
VLVK- en Sirkel beoordelaars, asook die Kuns & Handvlyt Saamroeper, het al die kompetisie inligting – riglyne, details, wenke en voorbeelde – sinvol oorgedra. Die aanbieders was Linzetta Smit, Johlene Muller, Driekie Uys, Anita Fourie, Petro Doman en Lydie Terblanche.
Almal het die dag geniet, slimmer geword, paar nuwe mense ontmoet en al die bekende gesigte weer oor ‘n koppie koffie geniet.
Rolien aan die woord
Vriendelike aanbieders Petro, Johlene en Linzetta
Driekie deel proe-happies uit
Kuns en Handvlyt items
Leefstyl items
Mooiste kussingoortreksels
Lieflike tafelversierings
Woordkuns aanbieder
Pragtige dekor in die lokaal
Gaste
Leave A Comment