Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Datum: 13 Februarie 2025

Beriggewer: Hester Geringer

 

KLEUR JOU LEWE.( TEMA van 2025) praatjie gelewer: Etresia Van der Ryst.

– Hoe hartseer as mense om jou se lewe kleurloos en vaal is?

– God het ‘n plan van KLEUR vir die wêreld en elkeen van ons gehad.

– Kortliks is daar ook betekenis van verskeie kleure bespreek.en dames het ook vertel wat dit vir hul beteken.

– Ervarings is ook gedeel en die voor /nadele van kleuranalises.

– MAAR wat bepaal KLEUR in my lewe?

– My geloof, afhanklikheid en dankbaarheid teenoor God – my anker.

– Positiwiteit: My Bybel gee hoop.

– Liefde: Wees lief vir jouself: voor jy liefde kan uitdeel.

– Jou voorreg van wakker word, Sit lipstif aan, versorg jouself, kry ‘n stokperdjie, gaan kerk toe, kom VLV toe, besoek ‘n sieke en bejaardes/eensames.

– SO.KEUSES KLEUR JOU LEWE.

Daar word ‘n humoristiese deel van Salomo voorgelees en hoe sy keuse van baie vroue vir hom KLEUR.soms opwindend en soms neerslagtig laat voel het en op die end was WYSHEID, wat God vir hom gegee, het die beste – al was dit nie altyd maklik nie.

So KLEUR JOU LEWE

Die keuse is JOUNE!