Sirkel: Paarl
Tak: Malmesbury
Portefeulje: Landbou
Saamroeper: Marelize de Kock
Beriggewer: Christine van Zyl
Datum van vergadering: 12 Februarie 2025
Malmesbury boer vooruit
Hendrik de Kock, boer van die plaas De Grendel, Malmesbury gesels oor die gebruik van ‘n hommeltuig in die landbou – hoe tegnologie die landbou transformeer en veral hoe DJI se landbouhommeltuig boerdery verander en meer volhoubaar maak deur boere te help om doeltreffender te wees, beter besluite te neem en uiteindelik gesonder gewasse te produseer.
Die hommeltuig is toegerus met hoë-resolusie kameras, sensors en ander gevorderde tegnologie wat gewasgesondheid kan monitor, lande kan meet en selfs kunsmis en plaagdoders akkuraat kan toedien. Sommige modelle, soos die DJI Agras-reeks, is spesifiek ontwerp vir bespuiting en saai.
Voordele van die gebruik van hommeltuie in die landbou:
- Verhoogde doeltreffendheid: met intydse data kan boere onmiddellik optree om probleme reg te stel en so oesopbrengste verbeter en arbeid optimaliseer.
- Volhoubaarheid: presisie-landbou beteken dat hulpbronne gebruik word net waar dit nodig is (verminderde water, kunsmis en plaagdoders), en so afval en omgewingsimpak verminder.
- Kostebesparing: Op die langtermyn verminder dit die behoefte aan groot en duur toerusting, handearbeid en presiese areas wat aandag nodig het kan geteiken word, en so verlaag dit die koste wat verband hou met oormatige gebruik van chemikalieë.
- Bemagtig boer met data: Met die data wat die hommeltuig kan verskaf, kan boere beter besluite neem gebasseer op feite en data, wat beter uitkomste kan meebring.
Elsa du Plessis (gasvrou Landbou), Nick-Waylan Pompies (assistant – plaas De Grendel), Veronica Jordaan (gasvrou Landbou), Hendrik de Kock (spreker – plaas De Grendel), Mia Louw (Voorsitter).
Taklede saam met Hendrik de Kock (van die plaas De Grendel) en die hommeltuig wat hy demonstreer het.
VLVK Tema 2025 “Kleur jou lewe” verwelkom taklede by die jaar se eerste takvergadering.
Leave A Comment