Sirkel: Weskus

Tak: St Helenabaai

Portefeulje: Bestuur

Beriggewer: Wilna Marx

Fotograaf: Elmarie Visser

Datum: 11 Februarie 2025

So stap St Helenabaai die jaar 2025 binne!

Die nuwe jaar hier in die baai word ingestap deur ‘n heerlike inligtingsoggend aangebied deur ons bestuur onder leiding van Maggie Enever, voorsitter van ons tak.

 

Maggie Enever – Ons “VROLIKE, FIKSE, VOORSITTER!”

 

Hierdie jaar gaan ons so lekker verjaar hier by onse tak. Elke dame ontvang die mooiste houtbord wat deur een van ons bestuurslede, Annalie Nieman gemaak is.

 

Van die verjaarsdagdames met hulle pragtige borde.

 

Annaline de Beer, jarelange VLV-lid, asook voormalige St Helenabaai Voorsitter, gesels met die dames oor die VLV, die geskiedenis, die vyf studierigtings en dan ook al die lekkertes van VLV-lid wees.

 

Annaline de Beer

 

Die dames speel onder leiding van Annalie Nieman ‘n heerlike kenmekaar-speletjie. In groepe word nooiensvanne, geboortedorpe en iets wat niemand van jou weet nie, met mekaar gedeel. Hartseer, vreugdes en glimlag-oomblikke word deel van ons heerlike oggend.

 

Soos met elke vergadering van ons tak, is daar ‘n looitjietrekking. Hierdie keer is Hillet Linde die gelukkige wenner. Elna Louw ons Vise-Voorsitter oorhandig haar gelukspakkie!

 

Hillet (Links) ontvang haar wenprys van Elna.

 

Die kuieroggend word afgesluit deur ‘n glasie sjampanje op die jaar wat voorlê!

 

Annalie en Estelle klink ‘n glasie op 2025!

 

Geen vergadering hier by ons gaan verby sonder iets heerliks te ete nie. Die dames geniet die heerlike vrugteslaai en roomys wat deur die bestuur voorgesit is.

 

Keurige versierings en heerlike vrugteslaai.