Sirkel: Weskus

Tak:    Langebaan

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Mariette Opperman

Datum: 5 Februarie 2025

 

By Opvoeding en Kultuur pas – toebroodjies, skoolhemp en ’n das

 

Opvoeding en Kultuur se “personeel” is opgewonde om almal na die lang vakansie welkom te heet.

 

Die skooltema is ook in die voorportaal sigbaar met die tas, boek en roos daar.

Annatjie Hamman het haar oorspronklike Hoërskool Verwoerd-skoolbaadjie aan waar sy in die skoolbank met die welbekende leesboek, Sus en Daan, voor haar sit. Langs haar staan Dot Fabricius met haar dogter, Alet, se skooltas van 27 jaar gelede.

Juffrou gaan klippe kou om hierdie vier stouterds in toom te hou. Maureen Koekemoer, Hannetjie Basson, Elza Singels en Marina Smuts wys dat hulle eintlik baie soet is.

 

Die LO-juffrou is Mercia Verwey.

Sy is by om almal fiks te kry.

 

Pousetyd sien almal uit na die toebroodjies

of beter bekend as “skool-toebies”.

 

Hoofmeisie Louna Niehaus sit pouse en kuier saam met haar besties, Annatjie Hamman, Elmine Archibald en Maretha Botha. Carla Snyman sit regs van Louna.

Amanda Albertyn is elke Woensdag vrywillig op haar pos by Gerimed om die seniors te stimuleer met oefeninge en handwerk. Amanda demonstreer een van die vingeraktiwiteite wat sy die seniors laat doen as stimulasie. Sy het ook foto’s gewys van die pragtige handwerk wat hulle een maal per week onder haar leiding skep.

Elma Oberholzer was in 1967 Retha Visser se Sub A-juffrou op Clanwilliam.

Die klok het gelui en die vergadering is verby. Mariette Opperman, Maureen Koekemoer en Louna Niehaus lê agteroor, dankbaar vir almal wat saamgewerk het soos in ’n koor.