Sirkel:  Paarl

 

Tak: Slot van die Paarl

 

Portefeulje: Kuns en Handvlyt

 

Saamroeper: Bokka Wagenaar

 

Beriggewer: Annalise Loubser

 

Datum: 4 Februarie 2025

 

Simboliek van Loodglasvensters

 

Lede is aangemoedig om iets blou te dra met hier en daar ‘n kleurkol. Hier is Maretha Carpenter (Saamroeper), Karen Barnard, Aletta Keyser (voorsitter), Hetta Kirsten, Francis Nieuwoudt, Leoné Hanekom en Belia Krapohl

 

Bokka Wagenaar het ons op ‘n kleurreis geneem met al die kleure in loodglasvensters. Sommige word meer gebruik as ander. Daar is ‘n verskil tussen loodglasvensters (gekleurde glas wat in patrone gesny word en met lood aanmekaar gesit word) en gebrandskilderde glas (glas waarop geskilder word en dan word die glas teen baie hoë temperatuur gebak sodat die verf insmelt).

 

Bokka Wagenaar het selfs haar hare blou gekleur

 

Rooi – verteenwoordig die bloed van Jesus of die martelaarskap van heiliges. Dra sterk emosies van liefde en haat oor.

Blou – stel die lug voor en kan hemel, hoop, opregtheid simboliseer.

Groen – kleur van gras en die natuur. Dui op groei en hergeboorte.

Violet – liefde, waarheid, passie en lyding

Pers – lyding en uithouvermoë en word gebruik om God die Vader en vorstelikheid uit te beeld.

Wit – Onskuld en die reinheid wat met God geassosieer word.

Swart – verteenwoordig die dood.

Geel – dit word gebruik in die ligkranse van heiliges, hemelpoort, Judas se verraad. Simboliseer krag, goddelikheid en glorie

Grys – nederigheid en lyding en kan ook die onsterflikheid van die gees uitbeeld

Bruin – simbool van spirituele dood en wêreldversaking

Reënboog – God se Verbond met die mensdom

 

Stories is uitgebeeld met die kleure in die vensters en so het dit bekend gestaan in die Middeleeue as “die arm man se Bybel”. Baie Bybelverhale is so uitgebeeld.

 

Marietjie Lombard saam met die Sirkelpresident, Karen Barnard, wat besoek kom aflê het

 

Crystal Muller ontvang haar 5 jaar knopie