Sirkel: Kalahari
Tak: Kuruman
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Saamroeper: Karin van der Walt
Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger
Datum van vergadering: 23 Januarie 2025
“Kleur jou lewe!” Kuruman-weergawe
Program vir die dag
Lede van die Opvoeding & Kultuur-groep, vlnr: Janet West (Taktesourier), Rita le Roux en Karin van der Walt (Saamroeper), Joey Botha. Afwesig: Corné Griessel, Esmarie Griessel en Madelein Vlok.
Karin van der Walt heet almal welkom.
Janet West open met skriflesing en gebed.
Janet West open die geleentheid deur voor te lees uit Mini Oordenkings: Genade vir elke oomblik.
Die teksvers is Johannes 10:11 wat sê: “Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape.”
As Christen durf jy nie net vir jouself lewe nie. Jy kom daagliks met ander mense in aanraking en sonder dat jy dit besef het jy ‘n invloed op ander se lewens. Jy kan ‘n kers in die donker wees vir iemand.
Ware lewe lê nie in wat jy bymekaar maak nie, maar in die liefde wat jy gee . Laat die vreugde van die inwonende Gees van Christus deur jou na ander toe vloei deur welwillendheid, simpatie en bedagsaamheid.
Karin het almal lekker laat lag met ‘n ysbreker.
Elkeen moes die volgende neerskryf:
- Jou heel gunstelingdier – waarom?
- Jou tweede gunstelingdier – waarom?
- Jou derde gunstelingdier – waarom?
Die eerste een is hoe jy wil hê ander mense jou moet sien.
Die tweede een is hoe ander mense jou wel sien.
Die derde een is hoe jy regtig is.
Spreker, Magriet Fourie.
Magriet Fourie, onder meer ‘n gekwalifiseerde internasionale modeontwerper, motiveringspreker, lewensafrigter en Christelike berader, was die spreker by VLV Kuruman-tak se heel eerste byeenkoms vir die jaar op Donderdag 23 Januarie 2025.
Die tema was: “‘n Vrou soos jy – Jy is ‘n vrou, jy is kreatief, jy is geliefd.”
Glo jy dit?
Omdat sy glo elke vrou het dit in haar het, Magriet Fourie op 21 Januarie 2025 ‘n Facebook-blad begin om vroue te help om hul volle potensiaal te bereik, struikekblokke te oorkom en te blom waar hul geplant is.
Sy woon op ‘n plaas, 60km (en 20 hekke!) buite Kuruman en het lank gebid vir God oor hoe sy nog ‘n verskil kan maak. Sy het begin wonder of haar skeppingsdoel dan nou verander het? Sy het beleef dat God sê: “NEE die manier het net verander”. So, voila! Hier is die Facebook-blad: “Die lewe van ‘n vrou”.
Die eerste reeks op die blad, is stap-vir-stap oor hoe om jou skeppingsdoel te ontdek.
Die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland (VLVK) se tema vir 2025 is: “Kleur jou lewe.”
Magriet trek elke dag helder kleure aan, sy is bekend vir haar pienk, pers en blou hare, en sy pak haar geestelike lewe op dieselfde manier aan, want sy glo die Heilige Gees het ‘n verfkwas waarmee Hy ons van binne uitverf, sodat sy dit na buite kan uitstraal. As jy egter net swart dra, kan jy niks na buite uitstraal nie – sit maar ‘n tikkie kleur by. Bid vir ‘n betekenisvolle lewe – sodat jy blom en vrugte dra waar jy ookal is.
Vrouwees is vir haar eerstens geestelik. Kleur is ook ‘n geestelike ding – dit bring bring jou persoonlikheid na vore, help jou om meer kreatief te wees.
Dit werk natuurlik saam met ‘n gesonde borrelende vervulling van die Heilige Gees wat binne in jou woon. Jy kan so mooi en kleurvol aantrek /as wat jy wil, maar sonder die Heilige Gees wat borrel in jou gaan jy nie skyn nie.
As jy van binne goed voel, sal jy outomaties van buite straal en dan sal jy meer selfvertroue hê.
Jy sal die aanslae van die lewe ook beter hanteer. Soos as iemand vir jou sê jou handwerk is lelik of jy weet niks van kosmaak af nie, en jy weet jy het jou beste met die trui gedoen en jou tert proe heerlik, want jou hond het so gesê toe hy alles opgeëet het.
As jy die Heilige Gees toelaat om jou binnekant te verf met mooi dinge dan sal jy ‘n ander houding he teenoor aanslae en jy sal kan sê: “Hoekom wys jy my nie hoe jy dit doen nie?”
‘n Ander invloed is hoe jy aantrek. Dress how you want to feel not how you feel. Moenie donker en flenters aantrek as jy af voel nie. Jy gaan beter voel as jy mooi aangetrek is.
Onthou net jou man werk saam met goed aangetrekte vroue by die kantoor en dan kom hy huistoe na ‘n waslap? En dan het hy ‘n affair en dan?
Trek elke dag mooi en smaakvol aan – die Bybel sê iewers ‘n vrou moet haar met mooi serpe tooi vir haar man.
Jy gaan beter skryf, kreatief wees en jou dag gaan sommer skitter.
My pa het gesê hy loop sy pad elke dag en vat nie ‘n lift, want dan mis jy iemand wat hy kon aanraak.
Ek voel ook so, want elke dag as sy in die dorp is of by die kerk of waar ook al, sê iemand vir haar, jy lyk so mooi, love jou hare, wens sy kon ook so aantrek. Dan skep dit ‘n geleentheid om te getuig van God se liefde en die Heilige Gees wat in haar skyn. Nie dat sy wil hê almal moet so aantrek en hul hare pers kleur nie, asb nie, dan gaan sy verdwyn in die massa.
Stil pastelkleurige mense het soms ‘n groter impak as ons over the top tipe.
Gaan kyk ‘n bietjie na Carol Tuttle om te sien watter kleure vir jou persoonlikheidstipe werk, dit is nogal interessant hoeveel van ons het ons dogtertjie-self verloën of doodgedruk om aan te pas.
Leer jouself ken en watter kleure jou die beste pas.
Gooi dan alles in jou kas uit wat nie jou styl of kleur of grootte is nie.
Magriet gaan binnekort op haar blad iets oor klerekasbeplanning plaas. Mens hoef nie die goed wat nie vir jou werk heel weg te gooi nie, bêre dit dan maar eenkant, maar hou net die wat werk byderhand en kyk wat gebeur.
Oor organisasie sê Magriet dat geen mens kan funksioneer in chaos nie. Pak jou plek reg, neem die tyd en sorteer jou spasie. Pak jou kas reg, raak ontslae van alles wat jy nooit gebruik.
Gee weg, gooi weg en kyk hoe jou siel en jou gees ligter raak.
Dieet wenk: Dit is ‘n gesonde liggaam wat ‘n gesonde gees huisves. Lees Spreuke 23:2 – “As jy ‘n groot eter is, sit ‘n mes teen jou keel.”
Magriet sê dit laat haar altyd lekker lag vir God se humorsin. Nog ‘n laaste wenk: Staan kaal voor spieël en spring op en af. Die endorfiene gaan so krioel dat jy elke dag ‘n wonderlike dag gaan hê!
Magriet Fourie en Karin van der Walt.
Kleurvolle tafels vir die geleentheid.
Leave A Comment