SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
TEMA: GESONDHEID
SAAMROEPER: CARIEN VAN NIEKERK
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
DATUM: 22 JANUARIE 2025
VRYBURG SIT BESTE VOETJIE VOOR
Vryburg VLV fokus op gesondheid. Amanda Dupper, plaaslike apteker, gesels oor die belangrikheid van vervaldatums van medisyne en ander mediese verbruikersitems. Die datum is die vervaardiger se waarborg van die produk se doeltreffenheid. Dit is belangrik dat die volle kursus antibiotika voltooi moet word. Berging van medikasie kan deur lig, lug of vogtigheid beïnvloed word. Medikasie in verseëlde verpakkings moet net voor gebruik oopgemaak word. Medisyne wat oor die toonbank gekoop word, se effektiwiteit neem af na die vervaldatum en moet liefs nie gebruik word nie. Neem sulke medisyne terug na die apteek wat dit op ‘n verantwoordelike manier sal vernietig.
Carien van Niekerk gesels oor voetsorg. Dra gemaklike skoene met die nodige ondersteuning. Gee aandag aan die versorging van voete en voorkom probleme soos eelte, liddorings of knokkeltone. Toonnaels moet gereeld versorg word.
Carien van Niekerk en Amanda Dupper
Leave A Comment