Sirkel: Weskus
Tak: Graafwater
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Saamroeper: Marina Visser
Beriggewer: Marina Visser
Datum: 14 Januarie 2025
“Help, die kleinkinders kom kuier!”
Of dit nou gereeld is of dalk net vir ‘n Desember-vakansie, iewers kry ons met kinders te doen wat ons moet besig hou.
Marina het vir ons ‘n paar idees gegee:
Bak en brou: Bak saam koekies of kolwyntjies wat versier moet word. Dis altyd prettig.
Help die ouer kind om hulle eie resepteboek te begin.
Hou ‘n kamma verjaardagpartytjie met idees uit vroëer jare.
Klei, juwele en kerse: Help hulle om kerse te maak met ou stukke kerse en vetkryt.
Maak wit lugdroogklei wat geverf kan word.
Verf macaroni en ryg dit.
Lees: Skep ‘n lekker omgewing vir lees. Maak ‘n tent met komberse binne of buite.
Vat kinders biblioteek toe.
Sit rustige musiek aan en laat almal sag lees.
Naaldwerk, brei ens: Leer die kind wat belangstel dit wat jy goed kan doen.
Leer hulle knope aanwerk.
Gee hulle stukkies lap om ‘n collage prent te maak.
Teken: Teken met bordkryt op sement of iewers waar dit weer kan afwas.
Teken wat jy eendag wil word.
Sit in ‘n groep saam en teken met verskillende potlode, kleurpotlode, kryte ens.
Tuin toe: Laat hulle blomme self pluk en rangskik. Leer hulle van rangskikking.
Hou ‘n piekniek in die tuin.
Maak ‘n naambordjie vir plante. Sny ‘n jogurthouer vertikaal deur. Verf dit.
Verf: Die klein kindjie geniet dit om buite te verf met net ‘n kwas en skoon water.
Sit buite en verf wat jy sien.
Gesels oor kunstenaare en kunsvorme. Laat hul skildery na-maak.
Hoekom is sulke aktiwiteite voordelig vir die kind? Hulle leer vaardighede aan. Hulle kennis verbreed. Hulle groot en kleinspiere word gebruik. Hulle leer sosiaal aanvaarbare gedrag soos om te deel en beurte te maak. Hulle leer deursettingsvermoë en geduld. Hulle het ‘n genotvolle tyd weg van die TV of selfoon.
Ons het ook kop gekrap toe ons moes raai wat ons mede lede se gunsteling skoolvak was, lekker gelag toe ons saam-saam moes teken aan ‘n mannetjie sonder om te sien wat die vorige persoon geteken het en nostalgies geraak deur ‘n uitstalling te hou van ons skool items.
Graafwater VLV sien uit na hierdie nuwe jaar waarin ons, ons 95ste verjaardag gaan vier.
Kleurvol
Lekker om mekaar weer te sien na die vakansie
Skooltyd herinneringe.
Leave A Comment