SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
TEMA: MARGARET HARVEY
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
DATUM: 21 DESEMBER 2024
KALAHARI EREPRESIDENT OORLEDE
Margaretha Malherbe gebore op 14 Oktober 1926 in Makwassie en tree in die huwelik met Will Harvey, ‘n boer van Piet Plessis. Sy was stigterslid van Thlakgameng VLV in 1959 en vanaf 1972 lid van Piet Plessis waar sy dien as voorsitter, sirkelsameroeper en sirkelpresident (1982-1997) en ook se jaar as VLVK saamroeper vir landbou. Sy word benoem as erepresident in 2003. Na haar man se dood verhuis sy na Stella waar sy op 21 Desember 2024 oorlede is. Sy het diep spore getrap in Sirkel Kalahari en ons eer haar nagetagtenis.
Margaret Harvey
Leave A Comment