Sirkel: Paarl

 

Tak: Slot van die Paarl

 

Portefeulje: Afsluiting

 

Saamroeper: Bestuur

 

Beriggewer: Annalise Loubser

 

Datum: 19 November 2024

 

Slot-van-die-Paarl hou jaarafsluiting

 

‘n Heildronk is ingestel op VLVK se 95ste verjaardag.

 

Marietjie Lombard het van die VLV se geskiedenis gedeel. Die Vroue Landbouvereniging van die Kaapprovinsie is op 1929 deur mev Jossie Ackermann in die Laerskoolsaal in Franschhoek gestig. Die naam is in 1994 met die herindeling van die provinsies in SA verander na die Vrouelandbouvereniging van Kaapland (VLVK). In 1942 het sy gesê: “Laat ons met onvermoeide ywer en moed volhard op die weg wat ons ingeslaan het, want die waarde wat ons vandag doen, besef ons miskien nie self nie, maar die vrug sal bly vir die nageslag wat dit sal geniet en waardeer en ons sal seën daarvoor.” (Uit H&H Verjaardaguitgawe)

 

Die jaarafsluiting het plaasgevind by Arauna plaas in Wellington onder ‘n groot akkerboom. Die gasvrou, Anna Rita van der Westhuizen, het die opening waargeneem deur ons meer van die verchristeliking van die kersboom te vertel. Ongeag wat die geskiedenis is, kan ons vandag die rooi op die kersboom as die bloed van Jesus, wat vir ons sonde gesterf het, sien. Die ster bo-aan die boom verwys na die Dawidster wat bo die stal in Bethlehem geskyn het.

 

Daar is altyd ‘n paar lede wat tydens die jaarafsluiting van VLV Slot van die Paarl jaarkentekens / knopies ontvang. Hierdie jaar was dit Frouwien du Toit (50), Nettie Marais (40) en Annétjie Jacobs (5) se beurt om dit by Thea Basson (regs) te ontvang.

 

 

Aletta Keyser het weer skoonskip gemaak en ‘n paar bekers verower onder andere vir meeste inskrywings en hoogste aantal punte. Thea Basson het die oorhandiging waargeneem.