Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Datum: 19 November 2024

Beriggewer: Christine van Zyl / Mia Louw

Studierigting: Landbou / Leefstyl

Malmesbury sluit jaar af by Orgideë Kwekery

Vir Malmesbury VLV se afsluiting besoek ons die Duckitt Orgideë Kwekery buit Darling. (Kontak: Marita Rossouw – marita@darlingorchids.com)

Eienaar Nicolas Duckitt, vertel meer oor die ontstaan en huidige boerdery.

Duckitt Nursery is in 1970 begin deur sy ma, Frieda Duckitt. Sy woon ‘n orgideëskou by na die verlies van ‘n baba, en koop haar eerste plante. Daarna word sy ‘n boer se vrou wat self boer. 1979-1980 is die eerste kweekhuis opgesit, plante is van Holland af gekry. Aan Woolies begin hulle snyblomme voorsien.

Gesnyde blomme se stingels word in ‘n buisie met water en ‘n rubberproppie gesteek, dan onderstebo gehang aan ‘n vervoerband terwyl dit hanteer word totdat dit in bokse gepak word vir uitvoer na o.a. Amerika, die Ooste (Mei-einde Okt) en Holland (Julie, totdat Holland se eie plante in produksie kom.) Oes + 100 000 stele per seisoen.

20 jaar-oue plante lewer 5-10 stele per seisoen. Die blommewinkel op die plaas het gedurende Covid ontstaan, omdat uitvoere nie kon plaasvind nie, en daarom blomme aanlyn begin verkoop.

Darling Orchid Nursery kweek die langblaartipe ordigeë – makliker en meer winsgewend vir hulle, terwyl die mot-tipe deur ander kwekers gekweek word. Die mot-tipe wat gewoonlik in winkels te koop is, kan reeds 3-4 jaar oud wees, die langblaartipe kan reeds 4/5 jaar oud wees.

Ordigeë benodig minstens 50% lig en die grond moet goed dreineer. Mot-tipes is in ‘n mosmengsel geplant terwyl die langblaartipe in ‘n mos-basmengsel geplant word.

Knip uitgeblomde stingels af, moet nie afbreek nie. Steriliseer jou skêr tussen plante wanneer jy blomme afsny, sodat siektes nie oorgedra word nie. Gee voeding met ‘n hoë stikstof inhoud in November.