Sirkel: Middelland

Tak: Graaff-Reinet

Portefeulje: Leefstyl

Saamroeper: Alta Coetzee

Beriggewer: Hanfi Neuhoff

Datum van vergadering: 15 November 2024

Singer Naaimasjien  ekstreme advies!

Berei jouself geestelik voor wanneer jy voor die naaimasjien inskuif.

Dink eers oor wat jy gaan doen.

Moet nooit, ooit die masjienwerk met ‘n sug of onverskilligheid benader nie.

Goeie naaldwerk resultate is moeilik as daar gebrek aan belangstelling is.

Dus:

Moet nooit prober om naaldwerk te doen terwyl jou wasbak vol skottelgoed is, of die beddens nog nie opgemaak is nie.

As daar belangrike huistakies is wat eers afgehandel met word, doen dit eers sodat jou gedagtes en konsentrasie vry/oop  is om die naaldwerk te geniet.

Wanneer jy naaldwerk doen, maak jouself so aantreklik as moontlik: Trek ‘n skoon, mooi rok aan

Kam jou hare

Grimeer en sit lipstiffie aan

As jy op “naalde en spelde” sit omdat jy nie aanteklik sal vertoon as jou man skielik tuis kom, of onverwagte gaste opdaag, sal jy nie in rus en vrede kan werk nie.

 

Op die foto vergader die lede vlnr om die tafel tydens die jaar se afsluitingsvergadering:

Anneke Wieneke; Wendy-Lee Strydom; Hanfi Neuhoff; Jane Hulleman; Maryann Swanepoel; Fran Caldwell; Alta Coetzee; Lieze Geldenhuys; Marenda Luckhoff.