Sirkel: Middelland

Tak: Graaff-Reinet

Portefeulje: Leefstyl:

Saamroeper: Alta Coetzee

Beriggewer: Hanfi Neuhoff

Datum van vergadering: 15 November 2024

Nét 150…….!!!!!!!!

Marenda Luckhoff, 46 jaar al lid van VLV Graaff-Reinet, vertel dat sy sonder om te besef wat die uiteinde gaan wees, ingestem het om te help brei aan “beanies” .

Haar kleindogters is in die Collegiate School in Port Elizabeth, wat hierdie jaar sy 150e bestaansjaar gevier het. As deel van die feesvieringe, het die skool besluit om uit te reik na die Kankervereniging, en wou 150 gebreide “beanies” aan díe vereniging skenk. Dus: daar word gesoek na breisters…..

Marenda se kleindogters vra haar of sy bereid sal wees om te help, en sy stem in. Die skool ontvang wol/breidraad skenkings en dit word stuk-stuk aan haar gestuur om mee te brei.

Met haar ywer en toewyding om maar net aan te hou brei, vind Marenda toe o navraag uit, nadat sy die 100e beanie weggestuur het, dat sy die ENIGSTE breier was. So, toe is dit nie meer te erg om maar sommer die laaste 50 ook klaar te brei nie!

Marenda is deur die skool bedank en geloof vir haar deernis om vol te hou, en die beanies warmte en glimlaggies aan so baie kankerpasiënte besorg het.

Op die foto verskyn Marenda Luckhoff saam met leerlinge, waar sy bedank is vir haar bydrae.

.