Sirkel: Middelland
Tak: Graaff-Reinet
Portefeulje: Openbare Sake
Saamroeper: Hanfi Neuhoff
Beriggewer: Hanfi Neuhoff
Datum van vergadering: 15 November 2025

Graaff-Reinet word “Mini” lesers

VLV-lede besoek die Mini-Bieb van Louise Lipshitz, Andries Pretoriusstraat in Graaff-Reinet, om die afgetrede bibliotekaresse en haar hartspunt te leer ken.
Hoekom ‘n bibliotekie? Louise erken dat sy van kleins af ‘n bibliofiel en lettervreter was, en in haar grootmensjare ‘n bibliotekaresse. Net soos daar gepraat word van “Eenmaal ‘n boervrou altyd … “ of
“ Eenmaal ‘n onderwyseres altyd …” is sy “ Eenmaal ‘n bibliotekaresse, altyd …”
Byna 9 jaar na haar aftrede sien sy ‘n foto van so ‘n klein straatbibliotekie en dadelik weet sy: Dis presies wat sy wil hê! Gelukkig verstaan haar handige man haar leesgrille en boekgiere, en binne 2 weke het hy vir haar hierdie pragtige boekhuisie teen die straat in hul erf, gebou en staangemaak.
Van waar die naam Mini-Bieb? Die Engels “Lill Library” en verkleinwoord “ Bibliotekie” het haar nie aangestaan nie, en nadat sy ‘n artikel gelees het oor verskillende innoverende Mini Biebs (sommige uit ou telefoonhokkies, bote en selfs staanhorlosies) in Amsterdam, het sy op die naam Mini-Bieb besluit. Dié naam kom uit die Nederlandse woord biblioteek.
Die boeke kom uit haar eie versameling, skenkings van vriende, asook die Bokmakiri boekwinkel in Swellendam, wat ‘n ruim skenking gemaak het. So elke 2 weke wissel sy die boeke heeltemal sodat daar gereeld vars leesstof is.
Daar is nie eintlik reëls nie, behalwe dat daar ‘n boek gegee/teruggegee moet word vir elkeen wat uitgeneem word. Daar is Afrikaanse sowel as Engelse boeke, fiksie asook nie-fiksie, en selfs ‘n paar kinderboeke.
Die Bieb is 24uur ‘n dag , 7 dae ‘n week oop, en een en elkeen is welkom om te kom boeke uitneem.
Onthou asb net DIE ENIGSTE REËL.

Op die foto vergader die lede vlnr voor die Mini-Bieb om te wys hulle gaan gereeld lees: Fran Caldwell, Maryann Swanepoel, Alta Coetzee, Wendy-Lee Strydom, Jane Hulleman, Louise Lipshitz ( Mini-Bieb einaar) Hanfi Neuhoff, Lieze Geldenhuys, Marenda Luckhoff.