Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Una Engelbrecht

Gesondheidsdienste op wiele vir Drakenstein

Dr. Rushaan Gaffoor is die kliniese bestuurder by Drakenstein-munisipaliteit. Behalwe bestuursverantwoordelikhede doen sy ook kliniese werk by ouetehuise, doen na-uurs forensiese werk met slagoffers van seksuele geweld en werk in die teater by Paarl-hospitaal. Tering, HIV, diabetes en geestesgesondheid is haar belangstellingsvelde.

Die area het nie ‘n distrikshospitaal nie, alle gevalle word na Paarl-hospitaal verwys. 80% van die sowat 320 000 inwoners van Drakenstein het toegang tot mediese dienste. Hulle word bedien deur 14 vaste fasiliteite en 6 mobiele klinieke, sowel as 3 dagsentrums. Die mobiele klinieke bring gesondheidsdienste na die plaasgemeenskappe

‘n Nuwe hospitaal word teen 2030 beoog.

 

Amarie le Roux (voorsitter), dr. Rushaan Gaffoor (spreker), Elzette Coetzer, Jenny Moore (saamroeper)

Mediese personeel by ‘n mobiele kliniek

Mediese dienste gelewer by Drakenstein