Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoedkunde en Kultuur, Gesondheid en Leefstyl
Beriggewer: Karin Pienaar
Datum: 6 November 2024
Aberdeen leer die kuns van suurdeeg brood
Karen van Rensburg het die VLV uitgenooi om die laaste vergadering vir die jaar by haar nuut ingerigte gastehuis te kom hou. Vanaf die voordeur tot agter in die tuin is elke vertrek stylvol en knus ingerig. Hier kan ‘n moeë reisiger rus vind en sy siel verkwik.
Spesiale verwelkoming by ingang.
Lize de Jager open die vergadering met ‘n boodskap spesiaal vir vroue. God het die vrou wonderbaarlik geskape (Ps 139:14) om fisiese lewe te skenk en ons moet dankbaar wees vir hierdie lewe en ook dankbaar wees vir ons moeders wat lewe aan ons geskenk het. Elke vrou is kosbaar (Spr 3:15) en ons moet mekaar altyd met liefde en respek behandel en God bedank vir die vrouens wat Hy spesiaal in ons lewens geplaas het.
Christelle Nel, Annalie Lategan en Lize de Jager ontvang kentekens vir afsonderlike jare lidmaatskap.
Lize de Jager (links) ontvang haar 35 jaar diensjaar kenteken vanaf Lea van der Vyver (Regs).
Elna van Niekerk, een van ons lede, is verlede jaar met borskanker gediagnoseer en sy het ingestem om haar pad wat sy die afgelope jaar gestap het met die vergadering te deel.
Elna van Niekerk vertel van haar reis met borskanker.
Sy vertel van die gevoel van ongeloof en verwarring wat sy ervaar het toe sy die knop in haar bors ondek het en die bevesting dat dit kanker is. Hoe God ingetree het en sy duidelike tekens gekry het dat Hy met haar is, sy is nie alleen nie. Sy verduidelik die proses van chemoterapie, die newe-effekte wat sy ervaar het en hoe sy die haarverlies hanteer het.
Na die mastektomie, het sy geglo sy is gesond, als is verby, maar met skok het sy verneem dat daar nog ‘n knop is. Sy moes ‘n kursus pille drink wat ontsettende newe effekte gehad het en waarvoor sy ‘n allergie ontwikkel het. Sy het vasgebyt en is nou klaar met die behandeling.
Ons is saam met Elna baie dankbaar dat haar laaste bloedtoets ‘n normale kankertelling het en glo sy gaan hierdie jaar afsluit kankervry.
JC van der Merwe van Kamdebo Padstal bak die heerlikste suurdeeg brode en het die dames kom leer hoe om suurdeeg brood te bak.
JC verduidelik dat ‘n ordentlike suurdeeg brood tot 3 dae kan neem om voor te berei en daarom begin hy by die einde – die bak van die brood. Hy het reeds ‘n brood voorberei wat oornag gerus het. Die oornag rusperiode is baie belangrik vir die fermentasieproses. JC demonstreer hoe die deeg bo-op met ‘n baie skerp mes gesny word, dit is waar die brood sal oopmaak tydens die bakproses. Die oopgebarste kors ‘n kenmerk van ‘n suurdeeg brood.
JC van der Merwe van Kamdebo Padstal demonstreer hoe om ‘n suurdeeg brood voor te berei voordat dit gebak word.
Elkeen kry ‘n bakkie met meel, sout en ‘n suurdeegplantjie. In ‘n knieskottel word water gegooi en JC lei ons stap vir stap deur die proses. Ons leer hoe om die deeg te strek en te vou en hoekom die deeg moet rus. So tussen deur die knieëry kuier en gesels die dames heerlik saam. Terwyl die degie rus, word daar heerlike gesmul aan suurdeeg brood met lekker vulsels op en stroopsoet kaneelrolletjies (cinnamon rolls) gemaak van suurdeeg.
JC van der Merwe van Kamdebo Padstal verduidelik die proses van suurdeeg.
Lede druk besig om hul knie-vernuf te demonstreer (Van links Elsa Featherstone, Marguerite Matthee, Luise de Jager en Elize Steynberg)
Elna van Niekerk by die heerlike eetgoed wat deur Kamdebo Padstal voorberei is.
Annelie Lategan se bakkie, waarin die meel en sout was, is spesiaal gemerk en sy wen ‘n 130 jaar oue suurdeeg plantjie. Nog 2 plantjies word per vasvrae gewen deur Linda van der Merwe en Lizemari Jordaan.
Linda & Lizemari het elkeen ‘n suurdeegplantjie gewen.
Elke lid is huis toe met haar klaar voorbereide deeg, met die opdrag om die proses te voltooi en die volgende oggend te bak.
VLV-lede se spoggerige suurdeeg brode.
VLV Aberdeen lede saam met JC van der Merwe.
Leave A Comment