Sirkel: Overberg
Tak: Gansbaai
Portefeulje: Potpourri
Saamroepers: Sharon Bales, Leonie Botha, Lanita Marais, Louisa de Wet, Ronel de Villiers en Marianna Mostert
Beriggewer: Marianna Mostert
Datum: 5 Nov 2024
SO EINDIG 2024 MET ‘N KAAPSE DRAAI IN BLOMMELAND EN SPROKIESLAND
Ja, nog ‘n jaar is snel verby. Ons by VLV Gansbaai was so geseënd en kan net ons Hemelse Vader dank vir ‘n vol leersame en besige jaar. Senerita van der Walt ons uittredende Voorsitter het in haar jaarverslag dit so goed uitgebeeld waarmee ons lede besig was.
“Beanies” is gebrei en aan ons Vissermanne geskenk. Die Tuinbou Klub van Gansbaai is in ons dorp met ‘n verfraaiingsaksie besig en VLV Gansbaai het ‘n geldelike bydrae gemaak. Ons dames en by name Sharon Bales wat leiding geneem het, het die Teetuin by Herberg aan See se basaar beman met skenkings vanuit VLV geledere en ‘n groot bedrag ingesamel alles ten bate van ons bejaardes wat in Herberg aan See woon. ‘n Pragtige skenking van kosvoorraad en kombersies is geskenk aan B.A.R.C. ons dierebeskermingsorganisasie. Uitstekende maandvergaderings met sprekers en demonstrasies uit die boonste rakke is deur ons 6 Studierigtings, Opvoeding en Kultuur, Gesondheid, Landbou en Tuinbou, Openbare Sake, Leefstyl en Kunste en Handvlyt aangebied. Elke maand se saamkuier en leer was ‘n hoogtepunt vir ons lede.
19 Tak trofeë is uitgedeel aan lede wat deelgeneem het aan ons maandelikse kompetisies.
Verskeie Jaarlidmaatskap kentekens is oorhandig vir jare diens aan die VLV.
Ons Jaarafsluiting was ‘n oggend propvol verrigtinge. Ons het die verrigtinge afgesluit met ‘n toneelstuk, geskryf deur Carine Badenhorst, ‘n baie bekende in ons dorp en omgewing, op radio (RSG), asook ‘n oud VLV-lid. Die gedagte agter hierdie toneelstuk het alles met ‘n takvergadering begin toe lede soos ‘n storieboekkarakter moes opdaag. Die vele hekse, koninginne, kabouters en gifappels wat opgedaag het, het die talentvolle Carine se skrywersbrein so geïnspireer dat sy ‘n toneelstuk, soos wat die titel aandui, ‘n Sprokiekonsternasie, geskryf het. Dié opvoering, met VLV-lede en een laerskoolkind, het die 2024 verrigtinge op ‘n vrolike noot laat afsluit.
Ons nooi julle uit om na die vertoning op YouTube te gaan kyk.
YouTube Video kan gesien word op:
https://youtu.be/pDW-FdwwrE4
Die rolverdeling was soos volg:
SPROKIE KONSTERNASIE
Verna Vels karakters uit Blommeland:-
Blommie Kabouter: Corrie Botha
Feëkoningin: Marmara de Klerk
Koning Rosekrans: Estelle Heyl
Geel Heks: Lizette van der Merwe
Gifappeltjie Kerrie: Ronél de Villiers
Gifappeltjie Borrie: Michelle Fourie Kemp
Levinia Liewe Heksie: Heleen Lundt (groottante in die werklike lewe van die prins/wolf, Reynhardt)
Grimm Broers karakters.
Rooikappie: Nelia Delport
Sneeuwitjie: Betsie Bester
Varkie: Elizma de Lange
Wolf/Prins: Reynhardt Geldenhuys (die skrywer, Carine Badenhorst, se 13-jarige kleinseun).
Marianna Mostert het die inleidende- en afsluitingsvertelling gedoen.
Van links: Senerita van der Walt (Voorsitter); SD Fourie (50jaar kenteken); Susan Olivier (40jaar kenteken) Marianna Vlok (10jaar kenteken); Lorraine Germishuys (35jaar kenteken); Marianna Mostert (Vise-Voorsitter; Leefstyl Sameroeper, Media Verteenwoordiger); Tokkie Richter (5jaar kenteken)
Van links: Ronel de Villiers (Sameroeper Kunste en Handvlyt); Carine Badenhorst (Beoordelaar Kunste en Handvlyt); Bestsie Bester (Beoordelaar Leefstyl); Esme van Dewenter (Beoordelaar Leefstyl); Marianna Mostert (Sameroeper Leefstyl)
Van links: Corrie Botha ontvang 8 trofeë (Gebak; Mikrogolf; Lekkers; Kookkuns 2de Plek; Brei; Hekel; Meeste Punte behaal in alle Kompetisies; Meeste 1ste Plekke behaal) vanaf Senerita van der Walt (Voorsitter)
Van links: Michelle Fourie ontvang 3 trofeë (Blomme; Beeldende Kuns en 3de Meeste Punte behaal in alle Kompetisies) vanaf Senerita van der Walt (Voorsitter)
Van links: Rita Conradie ontvang 2 trofeë (Kookkuns 1ste Plek; Beginners) vanaf Senerita van der Walt (Voorsitter)
Van links: Sandra Badenhorst ontvang 2 trofeë (Naaldwerk, Masjienwerk & Wisselsafdeling; Handvlyt) vanaf Senerita van der Walt (Voorsitter)
Van links: Ronel de Villiers ontvang 2 trofeë (Woordkuns; 2de Meeste Punte behaal in alle Kompetisies) vanaf Senerita van der Walt (Vooristter)
Van links: Lanita Marais ontvang die Fotografie Trofee vanaf Senerita van der Walt (Voorsitter)
SPROKIE KONSTERNASIE Toneelgroep
Verversings en Lokaalversierings
MET GROOT DANK AAN ONS FOTOGRAAF: Ammie Loots
Leave A Comment