Sirkel:   Middelland

Tak:  Graaff-Reinet

Portefeulje: Land- en Tuinbou

Saamroeper: Maxie v Aswegen

Beriggewer: Hanfi Neuhoff

Datum verg: 25 Okt 2024

 

 

 Arabierperde van Juzel Familie Trust Stoet te Melrose Graaff-Reinet:

 

Johan en Hanfi Neuhoff, met hulp van werkers Morné Ndoni en Zolile Wibooi, vertoon hul Arabierperd

stoetmerries aan die lede.

Hanfi vertel:

Die Arabierperd kan 3 500 jaar terug nagespoor word, en is deur die Bodeïne gebruik.

Hulle is bekend vir hul prag, uithouvermoë en intelligensie.

Tipiese kenmerke: Slanke nek met kurwe, stert wat natuurlik lig, groot prominente oë, goeie geaardheid,.bekend vir mooi groot neusgate, fyn skerp ore en ‘n “dish” = effe duik in neusbrug.

 

Daar is Brasiliaanse, Amerikaanse, en Arabiese Arabierperdbloed in hiérdie stoet, in geteel.

4 van die jong merries se vaar, is ‘n Wêreldkampioen, Ibn Farid en nog een se vaar is ‘n “Israeliet”.

Elke oggend word die perde se voete skoongekrap, en hulle word deeglik geroskam (skoongemaak) en geborsel. Hulle word ook gewas. Maanhare word net uitgekam en natuurlik gelaat vir skoue.

Elke merrie wat uit die stal kom word bespreek met haar naam, voorgeslagte, prestasies by skoue, geaardheid, ens.

Voer is tef, lusern en dan kragvoer wat ‘n tipe molasse en mielies en sonneblom ens mengsel is.

Aarabierperde kan baie oud word – die oudste 2 merries in die stal is 18 en 19 jaar oud, en kan nog reproduseer – 1 is swaar dragtig moet DV einde Desember vul – dragtigheid beloop 11 maande.

Johan en Hanfi vertel beurtelings dat die nuwe vullens geregistreer moet word by die Arabierperd Genootskap van Suid-Afrika, waarvan die stoet ‘n lid is. Daarvoor moet van elke perd ‘n skematiese voorstelling met rooi pen ingeul word om al die merke en bles en kolle en wit/swart dele aan die bene aangedui word. Dan word sterthare met wortel uitgetrek sodat Onderstepoort DNA toetse kan doen om die vaar en moer se identiteit te bevestig. Dan kry die perd sy eie registrasievorm met spesifieke nommer.

Om perde te vervoer, is nie net van in ‘n boks laai en ry nie: Elke perd moet ook oor ‘n paspoort beskik om veral na die Wes-kaap, wat perdesiekte vry verklaar is, te reis. Daarvoor gee die vee-artseny Afdeling van Wes-Kaap se veearts toestemming nadat die perd deur sy/haar plaaslike veearts deeglik ondersoek en gesond verklaar is, en dit gedokumenteer is.