Sirkel: Noordwes-Kaap
Tak: Prieska
Portefeulje: Potpourri
Beriggewer: J van Zyl
Datum: 18 Oktober 2024
VLV Prieska stap saam uit
Wat ‘n voorreg om die geleentheid saam met die matrieks te kon beleef! Lede van Prieska VLV het die geleentheid, “laaste dag van Matrieks in Hoërskool Prieska”, bygewoon
Onder luide applous het die Matrieks die saal ingestap. Die dogters het seunsbroeke aangehad en tot groot pret van almal, het die seuns rompies aangehad. Laf vir oulaas, voordat die ernstige dinge Maandag begin.
Mev Cecilia Jacobs, VLV-lid, open die verrigtinge. Haar boodskap was: Leef julle lewe elke dag. Bou herinneringe op. Staan op vir julle visie. Moenie net lewe nie. Sy het ook vir hulle die volgende versie saamgegee: Ps. 119: 9: Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan U woord!
9 van die leerders was by haar in Gr 2. Sy het twee van hulle se geskenkies by haar gehad. ‘n Foto en ‘n ring. Ironies genoeg, gaan sy hulle eindvraestelle vir hulle uitdeel.
VLV Prieska het saam met ander instansies vir elke leerder ‘n geskenkie oorhandig. Lede het “Woeker Wurms” gehekel en aan elkeen ‘n kaartjie met Fil 4:13 oorhandig. Die leerders het met hul geskenkies, die Woeker Wurms, vir die laaste keer uit die skoolsaal gestap.
Cecilia Jacobs
Corrie Liebenberg, Matrieks
Woeker wurmpie
Leave A Comment