Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Portefeulje:  Openbare Sake

Datum: 17 Okt. 2024

Beriggewer: Una Engelbrecht

Dit woel by Publieke Veiligheid in Drakenstein

Eda Barnard, direkteur Publieke Veiligheid, waaronder die brandweer, verkeers- en munisipale wetstoepassing ressorteer, en waarnemende direkteur van Gemeenskapsdienste, was die spreker.

Sy beklemtoon haar en haar spanne se rol om die hele Drakenstein veiliger te maak en vertel van samewerking met o.a. veiligheidsmaatskappye, die polisie, binnelandse sake, wetstoepassingsbeamptes, die gemeenskapspolisiëringsforum, buurtwagte, ambulansdienste en verkeersdepartement.

Van die suksesse reeds behaal, is sterk en positiewe verhoudinge met eksterne vennote en buurmunisipaliteite, gereelde gesamentlike operasies, die aankoop van toerusting, voertuie en PPE. Hommeltuie, veiligheidskameras, lyfkameras en “slim” radio’s word aangewend om veiligheid te bevorder en die operasionalisering van die kontrolekamer word uitgevoer.

Eda Barnard (spreker), Bets Engelmohr (saamroeper), Amarie le Roux (voors.), Marinda Rall, Rouxné Koegelenberg

Saamroeper Bets gesels met Elsa, Publieke Veiligheid se gelukbringer.

Eda Barnard met van haar spanlede.