SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
DATUM: 16 OKTOBER 2024
PORTEFEULJE: KUNSTE EN HANDVLYT
SAAMROEPER: MARIETJIE STEYN
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
VRYBURG DRA PIENK VIR BORSKANKERMAAND
Lede kry ‘n pienk strikkie en dra pienk om bewustheid te kweek van die gevare van borskanker.
Tak vier die 95e bestaansjaar van VLVK. Die Vroue Landbouvereniging van Kaap Provinsie is gestig op 15 Oktober 1929 in Franschhoek deur Jossie Ackermann. Die doel was die ontwikkeling en vooruitgang vroue op die platteland. Na 95 jaar gaan VLVK steeds van krag tot krag.
Marietjie Steyn gee wenke oor kompetisies vir 2025: skilderkuns, fotografie, woordkuns en blommekuns. Vir handvlyt word knopekuns bespreek. Knope moet oorheers maar krale mag ook gebruik word. Die werk moet op skilderdoek gedoen word, gespan en geblok. Verf agtergrond om te pas by die ontwerp. Beplan ontwerp en hou verhoudings en proporsie in gedagte. Teken ontwerp op doek. Rangskik knope en gebruik gom soos Alcolin Fast Set wat kleurloos droogword. Gebruik ‘n fyn kwassie om gom aan te wend. Knope mag geknip word en kan oorvleuel. Geen gom of potloodmerke mag sigbaar wees nie. Verseël met vernis.
Agter: Petro Ollewagen Griselda Pretorius Carien van Niekerk Eurika Byleveld en Daline Geere. Voor: Sarie van Wyngaardt Memory Scholtz Charlotte Bouwer Erika Linde Marietjie Steyn en Nellie Viljoen.
Margo du Plessis steek kersies aan vir VLVK se 95e bestaansjaar
Kersies vir VLVK se verjaarsdag
Kolwyntjies
Marietjie Steyn demonstreer knopekuns
Leave A Comment