Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Portefeulje: Uitstappie Maand

Beriggewer: Gonny du Plessis

Datum: 16 Oktober 2024

Suider-Paarl besoek Salem Bybelse tuin

Die Tema, “Bewonder en Bewaar ’n liefde vir die natuur” het ‘n groep van Suider-Paarl tak laat besluit om iets in die natuur te beleef. Daar is ‘n bespreking gemaak by “Salem – die Bybelse tuin” op die agter-Paarl-pad.

By aankoms het Jaco almal welkom geheet en vertel hoe die tuin ontstaan het. Dit is gestig deur Jack en Annalee Carstens op ‘n 10 hektaar stuk grond teen die agterkant van Paarlberg met pragtige natuurlike plantegroei en ‘n mooi uitsig.

En hier tussen die wilde olyfbome en granietrotse het hul uitbeeldings gemaak sodat die verhale van die Bybel lewendig word. Soos op die paadjies gestap word is daar oral rusplekke soos bv by die brandstapel waar Abraham vir Isak sou offer. Asook ‘n beeld van Moses met die staf en die slang en van David as jong seun en vele meer.

Dis ‘n begeleide toer en Jaco het saamgestap en oral die geskiedenis van Bybelverhale vertel. Dit was ‘n belewenis om weer vanaf die vroegste tyd in Genesis tot by die Kruisiging en Opstanding van Jesus ‘n roete te stap.

Die oggend is afgesluit met lekker tee en eetgoed by Nine Oaks, ‘n gasteplaas op dieselfde roete.

By ingang van “Salem” Voor vlnr: Karen Visser, Joanie Kingwill,Jenny Ruthven, en Ely Brown. Agter vlnr: Berta Spangenberg, Wilma Kock, Karen Barnard, Anita Basson en Gonny du Plessis.

Begeleier Jaco by ‘n mosaïek van die Boom van Goed en Kwaad.

Dawid as ‘n jong seun.

By die kruise op Golgota, met ‘n lam by die deurkosyn.