Tak: Aberdeen
Portefeulje: Potpourri
Beriggewer: Karin Pienaar
Datum: 16 Oktober 2024
Aberdeen leer hoekom is ‘n seekoei se melk pienk!
Hoekom is ‘n seekoei se melk pienk?
As jy nie weet nie – moes jy Aberdeen-tak se vergadering op 16 Oktober 2024 bygewoon het…
Hierdie vergadering het elke lid op ‘n reis geneem – eers na ‘n diep emosionele plek waar elkeen met haar eie trauma en hartseer gekonfronteer is en toe tot diep in die Bosveld waar dieregeluide jou bekoor.
Maryke Lategan, Saamroeper vir Gesondheid, het ‘n praatjie gelewer oor hoe trauma binne die gesinsverband van geslag na geslag oordra word en hoe dit gestop kan word. Sy verduidelik wat trauma is en deel handige inligting oor hoe om dit te hanteer en te verwerk. Laastens het sy visueel gedemonstreer hoe onverwerkte trauma van een geslag na die volgende geslag in families oorgedra word. Hierdie demontrasie was aangrypend en het elke lid op ‘n diep emosionele vlak gekonfronteer.
Maryke Lategan, Saamroeper Gesondheid, aan die woord.
Maryke Lategan, Saamroeper Gesondheid, demonstreer hoe trauma van geslag na geslag oorgedra word.
Vir Landbou & Tuinbou word ons weggevoer na die Bosveld. Dieter Lategan, ‘n Professionele Safari-gids en seun van een van ons lede (Annelie Lategan), speel klankgrepe van verskillende diere en die lede moet dit identifiseer. Onmiddellik verander die atmosfeer en die lede neem met oorgawe deel. Ons hang aan sy lippe soos hy sy kennis van dierespore, verskillende oogvorms en interessante feite oor uile met ons deel. En laastens verduidelik hy: Hoekom is ‘n seekoei se melk pienk?
Die seekoei se vel produseer twee sure, naamlik hiposudorsuur en niehiposudorsuur wat beide ‘n rooierige kleur het. Die funksie van hierdie sure is om die dier se vel te beskerm teen beserings en intense sonblootstelling. Dit staan ook algemeen bekend as “bloedsweet”. Wanneer die seekoei hierdie twee sure afskei, vermeng dit met die dier se melk, wat ‘n pienk vloeistof tot gevolg het en dit is hoekom ‘n seekoei se melk pienk is!
Dieter Lategan, Professionele Safari-gids, deel sy kennis oor die natuur.
Die laaste spreker van die dag was Karen van Rensburg (Saamroeper Kunste & Handvlyt) wat ‘n demonstrasie gelewer het van hoe om ‘n Kerstafel te versier met elemente uit die natuur en items wat in jou huis is. Daarna neem sy ons op ‘n nostalgiese musiekreis. Sy vertel van haar persoonlike musiek herinneringe, die ontstaan van musiek en die emosionele en geestelike voordele wat musiek vir ons in hou.
Karen van Rensburg, Saamroeper Kunste & Handvlyt, se voltooide Kerstafel.
Karen van Rensburg, Saamroeper Kunste & Handvlyt, vertel meer van musiek en deel haar herhinneringe.
Daar word afgesluit met ‘n lekker kuier oor ‘n koppie tee en bordjie eetgoed!
Smaakvolle teetafel met smullekker eetgoed.
Leave A Comment