SIRKEL: WESKUS

TAK:   AURORA

ONDERWERP: VLVK VERJAARDAGVIERINGE

BERIGGEWER: MARINDA VAN WYK

DATUM VAN VERGADERING: 15 OKTOBER 2024

 

VROLIKE VLV VERJAARDAGVIERING

 

Aurora het op 15 Oktober ’n Verjaardag “High Tea” gehou om die 95 jarige bestaan van VLVK te vier. Dit was ook die Internasionale dag vir Plattelandse vroue en ons het ’n kers vir beide aangesteek.

Dit was ’n dag vol pret en lag. Daar was vonkelwyn, ’n verjaardag koek en smul eetgoed. Ons was getooi in enige iets wat in die mode was die afgelope 95 jaar: sommige uit die oude doos, ander kleurvol en prettig.