Sirkel: Kimberley

 

Tak: Douglas

 

Portefeulje: Leefstyl

 

Saamroeper: Luane le Roux

 

Berriggewer: Rina Hansen

 

Datum: 15 Oktober 2024

 

Douglas – Kaasmaak op Bokplaas saam Luane le Roux

 

Op 15 Oktober het die vroue van VLV Douglas die Melkbokplaas besoek net buite Douglas.

Luane le Roux boer met British Alphine-bokstoet.

Sy is die grootste British Alphine-teler in Suid-Afrika.

SY het in 2019 met die melkbokke begin.

Sy maak verskeie kaasprodukte van haar bokmelk

wat sy bemark by verskillende padstalle regoor

Suid-Afrika. Haar bokke is soos haar kinders, elkeen is uniek met sy eie naam.

Sy het vir ons verskeie bokprodukte laat

proe en vir ons geleer hoe haar produksie werk.