Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Fondsinsameling

Beriggewer: Alet Colyn en Shirley Brand

Datum: 12 Oktober 2024

GOODWOOD – HUMOR EN LAG

 

Karien van Niekerk (Deloris se Dagboek) het die gehoor vermaak met haar kwinkslae oor die wel en weë van die vrou. Almal kon identifiseer met ‘n huistrek – die uitpak en sorteer van alles wat oor die jare opgegaar is. Saam het ons gelag oor kinders grootmaak, jaarlikse ginekologiese ondersoeke en beplanning van familie-vakansies en die aankoop van ‘n nuwe baaibroek.

 

Deloris het verskillende vrouens uitgebeeld- van die huisvrou op die Kaapse Vlakte met die verlies van ‘n seun in die alledaagse geweld, tot die eienares van ‘n salon.

 

Die dames kon by mooi gedekte tafels met keurige eetgoed aansit. Sommige het selfs gees gevang en was, net soos Deloris, geklee in japonne en pantoffels.

 

‘n Heerlike, ontspanne oggend!

 

Deloris en Marianne Oosthuizen.

Die deftige tafels.

Wenda Preuss (Voorsitter) en Deloris (Spreker).

Almarie Moodie en Karin Marais by Bes van Zyl.

Die Takbestuur vir 2025 – Agter: Karin Marais, Anita Vermeulen, Marianne Oosthuizen, Jo-Ann Gericke, Shirley Brand, Wenda Preuss, en Connie Marais. Voor: Bes van Zyl, Magdaleen Joubert en Charlotte Huysamer. Afwesig: Ronelle Olivier.