Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Gebeurtenis: Sirkeldag

Beriggewer: Gonny du Plessis

Datum: 10 Oktober 2024

SirkelPaarl vier ‘n Reënboog Sirkeldag

Op die 10de Oktober het die Paarl Sirkel weer sy jaarlikse byeenkoms gehad.

Hierdie jaar was die tema “Sien die Kleur in jou lewe” en het taklede van die Suider-Paarltak die saal van die AgterPaarl kerk met kleur opgetower. Met die skilder “Portchie” se blou bome en kleurvolle skilderye in gedagte was dit waarlik pragtig gedoen. Die ander 7 takke van die Sirkel het elk hul eie tafels kleurvol versier. En daar was 90 dames en ‘n vrolike driemanskap orkes.

Die spreker vir die oggend was mev Karen Hodges van “Go Limitless” epos:karen@golimitless.

“It is Karen’s passion to uncover people’s innate potential, to empower by knowledge transfer and inspire others to reach new horizons because they see their own limitless possibility. By designing material specific to the need of the organization and employing a variety of skills, Karen leads employees and leaders to become productive contributors to the organisations bottom-line.

She is a regular global keynote speaker at international conferences. She holds degrees in Psychology and has more than two decades experience in whole brain development, creativity, training and public speaking.”

Haar praatjie die oggend was vol kleur en lewendig! Sy het gepraat oor positiewe denke, oor om “uit die boks te dink” en dat alles wat jy is,is in die brein en in jou gedagtes en net jy kan jouself opbeur en dat daar omgegee moet word vir mekaar. En dat dit goed is vir die mens om tussen positiewe vriende en familie te wees.

Die oggend is afgesluit met heerlike koek en tee en lekker agtergrondmusiek deur die orkes.

Mev Karen Hodges

Die orkes, van links na regs: Barry, Jan en Leon

Swaar belaaide Marktafel van Wellingtontak


Gesellige gaste

Kleurvol gedekte tafels

kleurvol gedekte tafels.