SIRKEL: Weskus

TAK: Piketberg

PORTEFEULJE: Landbou

SAAMROEPER: Marlize Rossouw

BERIGGEWER: Nicoline Brown

DATUM VAN UITSTAPPIE: 10 Oktober 2024

 

PIKETBERG VLV: Uitstappie na Riebeek Kasteel

 

 

 

Donderdag, 10 Oktober 2024 vertrek 14 Piketberg VLV dames met baie opgewondenheid na Riebeek Kasteel en Riebeek Wes.

Landbou portefeulje reël ‘n heerlike uitstappie vir die September-vergadering.

Dames arriveer by die restaurant

Eerstens word aangedoen by EightFeet restaurant vir oggend koffie en besigtiging van die klein boetiekwinkeltjies daar.

Eerste stop by EightFeet vir oggendkoffie

Dis heerlik koel en ‘n pragtige uitsig oor die vallei.

Van hier vertrek die bussie na Het Vlock Kasteel.

 

Dames verlustig hul in al die olyfprodukte en kan al die produkte proe voordat daar inkopies gedoen word.

Na ‘n fotosessie en inkopies stop die bussie vir ‘n uur in die dorpie Riebeek Kasteel.

Dames loop orals rond in al die klein winkeltjies en geniet die mooie verskeidenheid van die platteland!

 

Nou is almal redelik uitgehonger vir ‘n heerlike middagete.

Die groep arriveer by Marra’s Italiaanse restaurant in Riebeek Wes.

Hier word ons vriendelik ontvang en gou word almal doodstil omrede elkeen ‘n smaakvolle gereg geniet!

Terwyl dames wag vir middagete besoek hul ook ‘n kwekery in Riebeek Wes

 

Baie dankie aan die personeel, sowel as die bestuurder van die bussie!

So ‘n dames-uitstappie was wonderlike geselskap en manna vir die siel!

 

Interessante inkopies word by Het Vlock Kasteel in Riebeek Kasteel gedoen