Sirkel: Noordwes-Kaap
Tak: Prieska
Portefeulje: Leefstyl
Saamroeper: Landi de Beer
Beriggewer: Linette van Eeden
Datum: 9 Oktober 2024
Prieska woeker in Oktober
‘n Leefstyl-vergadering het in ‘n middag van konsentrasie geëindig.
Ons tak het ietsie tasbaar vir elke matriek gemaak om hulle te herinner waar hulle krag vandaan kom. Die woekerwurm sal aan hulle oorhandig word na afloop van die uitstapdiens.
Van die dames was ook besig met vroetelmoue vir ons bejaardes wat met Alzheimers gediagnoseer is. Dit was voorwaar ‘n lekker kuier middag om al die vroetelmoue te voltooi.
Corrie Liebenberg het begin om die dames stap vir stap te lei om ‘n blommetjie te hekel. Daarna het Linette van Eeden die dames gewys hoe om Tunisiese hekelwerk te doen.
Met ‘n hekelpen en wol in die hand, het hulle in alle erns die tegniek probeer bemeester. Met baie gelag en vrae is belangstelling gekweek.
Vroetelmoue wat gemaak is
Linette van Eeden, Lulu van Wyk
Sankie Scholtz
Leave A Comment