Sirkel: Overberg
Tak: Hermanus
Portefeulje: Openbare Sake
Saamroeper: Marianne Spamer
Beriggewer: Mariëtte Steyn
Datum: 9 Oktober 2024
Hermanus reis saam met die Voetspore-span
Johan Badenhorst het vir ons span inligting en ervarings gedeel oor veral hul reise in Suid-Amerika die afgelope jaar. Verder kon ons saam met hom reis deur verskeie lande en hul wedervaringe daar. Een van hul onlangse toer se hoogtepunte soos hul gesprekke met die oorlewendes van die Andes-lugramp van 1972, het jou weer laat besef hoe kosbaar en sielsverrykend hierdie besoeke van hulle is. Sy boodskap aan ons: Mens leer die grootste lewenslesse by regte mense, mense soos die oorlewendes van ‘n lugramp. Wat ‘n interessante en inspirerende praatjie met ons almal wat aan sy lippe gehang het om te hoor hoeveel beplanning, aanpassing en uithouvermoë dit neem om so ‘n drie maande reis aan te pak. Elbé Fourie, VLV sirkelpresident, het ons tydens hierdie vergadering kom besoek.
Marianne Spamer, Johan Badenhorst, Elbé Fourie (sirkelpresident) en Magda Marais (voorsitter, Hermanustak)
Ons manne kuier ook saam
Elbé Fourie besoek ons Hermanustak
Leave A Comment