Sirkel:     Paarl

 

Tak: Slot-van-die-Paarl

 

Portefeulje: Kuns en Handvlyt

 

Saamroeper: Elmarie van der Merwe

 

Beriggewer: Annalise Loubser

 

Datum: 8 Oktober 2024

VLV Slot-van-die-Paarl speel met klei by die Kuns en Handvlytvergadering

 

Willeen van Rhyn berei die tafel voor vir die kleinspeel

 

Die kind in elke volwassene het na vore getree toe Willeen van Rhyn as gasspreker opgetree het by die Kuns en Handvlytvergadering.

 

Sy gesels eers oor die hantering van stoneware klei en verskillende maniere om ‘n item met die hand te maak.

 

*Gebruik ‘n “mould” waarin in die klei uitgevryf word. Laat dit droog word, bak, glasuur en bak weer.

*Rol klei uit tussen 2 stokkies uit om dit ewe dik te kry. Versier met kant of koekiedrukkers.

*”Coils”. Met die lang rolletjies klei kan die vorm van die pot beheer word. Gebruik ‘n stokkie om die vashegtingsplek voor te berei. Water kan ook gebruik word om die plek waar die 2 rolletjies bymekaar kom glad te vryf.

*”Pinching”. Klap die bol klei eers om lugborrels uit te kry (nkie sit lug in), druk duim in die middel van bo-af in die klei en begin die klei dunner druk om potjie te vorm, al in die rondte. Die lede het die potjies versier met patrone, gemaak met ‘n stokkie of met growwe kant wat in die klei gedruk word.

 

Die vergadering is verder ingekleur met Marieke Smit wat ‘n voorportaalrangskikking gedemonstreer het deur geen blomme te gebruik nie, maar die tema is Kleurvol! Met baie kreatiwiteit is dit moontlik. Sy gebruik ‘n antieke houer, bas, droë plantmateriaal, groen blare, loof wat ons as onkruid sal beskou en ‘n lap mag ook gebruik word. Dit is Konferensie 2025 se “blomme”rangskikking.

 

Die lede het ‘n biblioteek op die been gebring deur boeke onder mekaar uit te ruil. Sodoende kan meer mense baat kry by ‘n boek.

 

Die vergadering word afgesluit met die komiese lees van My jaarlikse mammogram.

 

By die VLV lag ons baie, leer ons baie en huil ook soms baie as ons ‘n lid ondersteun wat deur moeilike tyd gaan.

 

Lede hard aan die konsentreer

Willeen van Rhyn verduidelik hoe om met klei te werk

Marieke Smit besig met die portaalrangskikking

Finale produk

Frouwien du Toit, voorleser Riana Richter en Nettie Marais deel ‘n oomblik

Kleurvolle vergadering met Aletta Keyser (Voorsitter), Erna Meiring, Elmarie van der Merwe, Marietjie Lombard en Fia la Grange